Kweek kreatiwiteit by die huis

kind_hande_verf_.jpg

Foto: merlotsart.com

[promosie-artikel]

Bianca Pelser

Pablo Picasso het gesê, “Alle kinders is gebore kunstenaars; die probleem is om ʼn kunstenaar te bly wanneer ʼn mens groot word.” Ouers speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling en koestering van hul kinders se kreatiwiteit.

ʼn Kreatiewe denkwyse is nie net belangrik vir kinders wat eendag ’n kreatiewe loopbaan wil volg nie. Dit is ook krities om ʼn kreatiewe en innoverende denkpatroon in alle gebiede van onderrig en leer in kinders te ontwikkel sodat hulle die uitdagings van die lewe kan trotseer en selfs kan omswaai in suksesse.

Opvoedkundige sielkundige Kyung Hee Kim beskryf die afname in die kreatiwiteit van Amerikaanse kinders oor die afgelope 20 jaar as ’n  “kreatiewe krisis”. Hy meen dat vandag se kinders minder verbeeldingryk is en ook meer sukkel om met oorspronklike konsepte vorendag te kom. ’n Afname in daaglikse fisiese aktiwiteit, al hoe meer tyd wat kinders passief voor die televisie en rekenaar spandeer, krimpende begrotings vir kunsonderwys en hoofstroomskole wat “in-die-boks-denke” aanmoedig is van die redes vir die afname van kinders se kreatiwiteit.

Daar is heelwat wat ouers kan doen om kreatiwiteit aan te moedig, selfs al beskou jy jouself nie as die “kunstige” soort nie:

  • Moedig onkonvensionele benaderings tot probleme aan deur verskillende keuses te bied en jou kind die geleentheid te gee om alternatiewe metodes van leer te demonstreer.
  • Fokus daarop om met oorspronklike idees vorendag te kom eerder as om om bloot die konvensionele en verwagte “regte antwoord” te gee. Ouers moet verbeeldingryke en oorspronklike idees en konsepte in hul kinders se tekeninge en skryfwerk aanmoedig eerder as om op akkurate uitbeeldings te hamer.
  • Behou kreatiwiteit deur kinders se natuurlike nuuskierigheid te bevredig. Wanneer kinders baie vrae het moet ouers probeer om dit geduldig te beantwoord. Dit help ook om, as ’n ouer nie die antwoord het nie, saam met die kind na die antwoord of na addisionele inligting te soek.
  • Skep ʼn tuisatmosfeer waar kreatiwiteit ondersteun word en die kunste beklemtoon word. Koop elke maand ’n riem papier en maak seker dat daar altyd verf, kryte, klei en ander kunsmateriaal beskikbaar is om uit te deel wanneer kinders kla dat hulle verveeld is.
  • Beperk die hoeveelheid passiewe tyd wat voor die televisie of rekenaar spandeer word. Kinders behoort nie meer as twee ure per dag voor ’n skerm deur te bring nie.
  • Speel met jou kinders en moedig hulle aan om hul eie kreatiewe speletjies uit te dink. Moedig spontane spel aan eerder as om voortydige volwassenheid op hul af te dwing.

Ashley MacQuarrie. (2012) Simple Ways to Cultivate Creativity in Children. [Online] Beskikbaar vanaf: www.learningliftoff.com/simple-ways-to-cultivate-creativity-in-children/ [Verkry: 9 Maart 2015]

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.