Kyk met dié vergrootglas na jou kind se skoolrapport

ouerskap-en-rolmodelle

Ouers moet verseker dat kinders sekere leer- en skryfvaardighede het voor hulle die grondslagfase verlaat. Foto: Playbuzz.com

Ouers moet presies weet waarna om te kyk wanneer kinders skoolrapporte ontvang, ongeag die finale punt op die rapport, sê Susan du Plessis, direkteur van opvoedkundige programme by Edublox.

Du Plessis meen die belangrikste kwessie wat skoolrapporte betref, is dat ouers tyd opsy moet sit om die kind se vordering én bevordering vir ’n bepaalde jaar te bespreek, asook om doelwitte vir die volgende skooljaar te stel. Sy beklemtoon dat die proses nie gejaag moet wees nie omdat die manier waarop ouers reageer ’n groot invloed op die kind se vordering in die nuwe kwartaal kan hê.

Daar is ook verskeie maniere om vas te stel waarom kinders swak presteer. Du Plessis sê kinders wat swak presteer, moet leestoetse aflê omdat dit ouers in staat stel om te bepaal of ’n kind visuele of ouditiewe prosesseringsprobleme het. Wanneer die probleem nie daarby lê nie, kan die ouers ook hul kinders vir oog- en gehoortoetse stuur. Al dié aspekte het ’n groot invloed op ’n kind se leervaardighede.

Ouditiewe of prosesseringsprobleme kan gesien word in simptome soos wanneer die kind gereeld sy plek verloor wanneer hy lees, sukkel om individuele klanke saam te voeg en die omkeer van letters.

Dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat ekstra klasse wat ondersteuning bied nie probleme wat deur ’n tekort aan kognitiewe vaardighede veroorsaak word, kan oplos nie.  Ouers moet seker maak dat dieperliggende probleme eers aangespreek word. Du Plessis sê ouers moet sorg dat kinders fundamentele vaardighede soos aandag, prosessering, geheue en redenering bemeester, anders sal hulle nie hul skoolvakke ten volle kan verstaan nie.

Ouers wat hul kinders vir graad 1 inskryf, moet seker maak dat die kind gereed is vir die nuwe hoofstuk in sy of haar lewe. Graad 1-leerders behoort reeds oor sekere taalvaardighede en ’n woordeskat te beskik om te leer lees en spel. Hulle moet ook aanwysings kan interpreteer, van ’n bord kan afskryf, verbale aanwysings kan volg en kan tel.

Ouers moet seker maak dat hul kinders se leesvermoë volgens standaard is voordat hulle die grondslagfase verlaat vir graad 4. Du Plessis sê dit is makliker om leerprobleme in die grondslagfase te oorkom voordat die werklading toeneem.

Du Plessis herinner ook ouers dat kinders wat tans met ’n gemiddeld van 60 tot 70 persent slaag, nie so goed vaar in vergelyking met internasionale standaarde nie. Dit is dus belangrik dat kinders deurgaans moet streef om akademies beter te presteer.

Huiswerkondersteuning van ouers moet ook geleidelik verminder sodat die kind kan leer om verantwoordelikheid vir sy eie werk te aanvaar. Du Plessis sê ’n leerder in graad 6 moet ten volle toegerus wees om sy eie werk te doen.

Sy sê ook dit is belangrik vir kinders wat goed presteer om bykomende uitdagings aan te pak vir verryking. Sulke kinders kan deelneem aan programme soos skaakklubs, spelkompetisies en leeskunswedstryde wat verdere stimulering bied.

Nader gerus Edublox vir inligting oor multisensoriese kognitiewe opleiding om jou kind se vaardighede van lees, spel en wiskunde te ontwikkel. Besoek hul webwerf by www.edublox.co.za  of skakel  0861 338 256.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Rocco van Rensburg ·

My jongste sal volgende jaar in graad 1 wees en moet met trots sê dat sy emosioeneel en fisies gereed is. Maar met al die geskarrel wonder ek net dat in die vroëer jare was daar nie sulke hulp nie en tog het Suid – Afrika van die briljantste mense op gelewer. Daar was my ouma wat die hoof poskantoor in Pretoria se boeke gedoen het sonder ‘n rekenaar en was nooit ‘n sent uit nie en sy het maar gesukkel op skool. Ek dink dat aandag aan jou kind is nodig in vandag se lewe maar moet met omsigtigheid genader word want ek het al ‘n kind by die skool gehoor dat hy wonder of hy dom is omdat hy nou weer na die ekstra klas toe moet gaan en hy verveel hom dood daar. My soos ‘n klip getref en besef dat daar met die kinders gepraat moet word oor die hoekom en waarom en nie net in ‘n ding in te dwing omdat jy as ouer dink daar is ‘n probleem omdat my kind nie so goed soos ander kinders in dieselfde klas presteer nie. Ek sou sê ouers moet met kinders op hul eie vlak praat oor hoekom daar op ‘n spesifieke plek nie presteer word nie. Soms dink ek dat die ouers eerder vir hulp gaan as die kind om geduld te leer en kinders hul spasie te gun.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.