Laerskool Horison vlieg hoog

Laerskoolfoto

Laerskool Horison streef na uitnemendheid in onderrig en opvoeding as ʼn waardegedrewe Afrikaanse skool. Dié Wes-Randse laerskool het oor die jare ʼn handelsmerk en tradisie opgebou as ʼn skool wat ʼn gesonde balans tussen akademiese, sport-, kulturele en geestelike ontwikkeling handhaaf.

Kies die beste laerskool vir jou kind

Die Horison-familie is bekend vir die goeie en samewerkende verhouding tussen onderwysers, ouers en leerders wat bydra tot positiewe betrokkenheid en optimale ontwikkeling van elke kind. Deur ʼn waardegedrewe aanslag slaag Horison daarin om kinders met integriteit en vaste beginsels holisties te ontwikkel. Respek, betroubaarheid, verantwoordelikheid, trots, eerlikheid, omgee en regverdigheid vorm die hoekstene van die waardestelsel.

Met die waardestelsel as grondslag word ʼn suksesvolle dissiplinêre opvoedingsbeleid gevolg wat waardigheid, eerlikheid en respek kweek.

ʼn Holistiese ontwikkeling vir jou kind

Laerskool Horison is trots en bou voort op sy ryke geskiedenis van prestasies in akademie, sport en kultuur. ʼn Wye verskeidenheid aktiwiteite en ʼn bekwame, passievolle personeelkorps maak dit moontlik vir elke kind om na die beste van sy vermoë te ontwikkel.

Die akademiese ontwikkeling van elke leerder is die hoogste prioriteit. ʼn Hoogs gekwalifiseerde onderwyserskorps handhaaf ʼn hoë vlak van onderrig. Klaskamers is toegerus met interaktiewe borde asook toegang tot die internet om leerders op alle vlakke te akkommodeer en optimale leer te bevorder. Goeie prestasies, wat jaarliks behaal word in vak-olimpiades van die departement van onderwys, getuig dat Horison ʼn voorloper op akademiese gebied is. Besondere prestasies van oud-leerders op sekondêre en tersiêre vlak is ʼn verdere bewys van die goeie akademiese grondslag wat gelê word.

ʼn Gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees

Buitemuurse aktiwiteite is ʼn verlengstuk van die onderrigtaak omdat dit deel vorm van die opvoeding van die leerders in totaliteit. Daar word gepoog om soveel as moontlik leerders te betrek by die wye verskeidenheid sportsoorte wat aangebied word vir grootskaalse deelname en betrokkenheid. Vroeë sportontwikkeling sluit mini-netbal, -hokkie, -krieket en TAU-rugby in waaraan leerders reeds vanaf Graad R kan deelneem.

Hories neem deel aan onder andere vriendskaplike byeenkomste aan die begin van elke seisoen, die plaaslike Superreeks met skole vanuit die Wes-Rand en Oos-Rand asook die betrokke ligas soos voorgeskryf deur die onderskeie sportliggame.

Volgehoue prestasie sluit spanne as ligawenners van die onderskeie sportsoorte in asook individuele prestasies deur leerders wat opgeneem word in die onderskeie sportsoorte se streek- en provinsiale spanne.

Rugby Eerstespan 2018

ʼn Trotse kultuurtradisie

Ook op kulturele gebied het leerders die geleentheid om hul talente te ontwikkel. Die Junior- en Seniorkoor van Laerskool Horison is alombekend vir hul jarelange prestasies by koorfeeste en kunswedstryde.

Redenaars is ʼn kultuuraktiwiteit wat aan leerders die geleentheid bied om hul praatvaardighede te ontwikkel. Leerders presteer jaarliks tydens die Superreeks en ATKV-kompetisie.

Die Roodepoortse Kunsvereniging is ʼn platform waar Hories verder presteer en die geleentheid kry om voordrag of kreatiewe kuns te doen.

Laerskool Horison is een van min Wes-Randse laerskole wat hul eie koerant op die been gebring het en as buitemuurse aktiwiteit met ʼn eie redaksie funksioneer.

Suksesvolle produksies met die oog op massadeelname wat toneel, sang en dans insluit, word twee-jaarliks aangebied. Hierdie uiters professionele uitvoerings is ʼn hoogtepunt op die kultuurkalender.

Flenterkoning 2017

Dis ʼn fees om ʼn Horie te wees 

“Kom sit jou glimlag hier langs myne” kry nuwe betekenis as jy deel word van die Horison-familie.

ʼn Kaskardag vol kleur en pret, innoverende en vindingryke entrepreneursdae vir klein en groot, leersame uitstappies, feestelike aktiwiteite op spesiale dae en besoeke deur bekende kunstenaars, verseker dat daar ook op sosiale gebied genoeg geleenthede vir ontwikkeling en ontspanning geskep word.

Neem ʼn doelgerigte besluit en sluit aan by ʼn wenspan!

Hoog, hoër Hories!

Besoek Laerskool Horison se webwerf
Skakel  011 763-5617 of stuur ʼn e-pos na [email protected]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.