Leer elke dag – selfs gedurende die vakansie!

pret-kinders-verf

Foto: Childrenscorneronline.com

[promosie-artikel]

Die skoolvakansie is ’n wonderlike tyd om jou kind aan te moedig om ’n liefde vir leer te ontwikkel deur aan te hou skryf, tel, en ontdek, asook om ander vaardighede wat belangrik is vir akademiese sukses, aan te leer. Dit is ook ’n goeie tyd om dít wat op skool geleer is, in die regte lewe toe te pas.

Kinders gebruik dikwels die vaardighede wat hulle op skool geleer het sonder dat hulle daarvan bewus is. Dit maak dit makliker vir ouers om leer te bevorder, sonder dat dit vir kinders soos skoolwerk voel. Al wat ouers moet doen, is om te besluit hoe hul kinders die vakansie gaan deurbring.

Dit is belangrik om te onthou dat leer optimaal plaasvind wanneer kinders iets eerstehands ervaar. Daarom is dit belangrik om geleenthede te skep vir kinders om te nuwe dinge te ontdek en te leer, of hulle nou in hul normale omgewing of iewers nuut is.

Hier is ’n paar wenke om jou kind se verstand deur die loop van die Julie-vakansie skerp te hou:

  • Speel soek die nommer of woord as julle êrens heen reis. Wie kan eerste die nommer 12 opspoor? Sien julle enige vreemde woorde? Wie kan raai wat dit beteken?
  • Laat jou kind ’n inkopielys (of ’n gedeelte daarvan, afhangend van sy of haar ouderdom) uitskryf en laat hom in die winkel na daardie items soek. Hy moet die bedrae optel en die totaal wat julle moet betaal, uitwerk. As meer as een kind saamgaan winkel toe, laat hulle raai hoeveel die totaal gaan wees – wie ook al die naaste is, wen ’n prys!
  • Skryf poskaarte of e-posse aan familie en vriende. Twintig minute wat aan die skryf van ’n poskaart of e-pos bestee word, bied waardevolle oefening. Om die dag se gebeure op te som, is self ook ’n vaardigheid – dit help om die vermoë om kort en bondige teks te skryf, te ontwikkel.
  • Vakansies is natuurlik ook ’n goeie tyd om leeswerk op datum te kry. As julle nie aan ’n biblioteek behoort nie, sluit by een aan.
    Skryf vyf items, vyf aksies en vyf eenvoudige slotte vir stories (hoe snaakser, hoe beter) op stukkies papier neer. Plaas dit in aparte houers en laat jou kind een uit elk kies. Laat hy ’n storie opmaak met die item, aksie en slot wat hy getrek het.
  • Kunsvlytaktiwiteite kan vir ure se pret sorg! Om goed van nader te aanskou en dit dan te teken of te verf ontwikkel ook die belangrike vaardighede van hoe om inligting akkuraat op te teken en oor te dra.
  • As julle weg is met vakansie, moedig jou kind aan om ’n dagboek hou. Dit is ’n wonderlike leermiddel. Dit bevorder veral skryfvermoë en kreatiwiteit. Kaarte kan geteken word, foto’s, feite en datums kan bygevoeg word, en sketse en skilderye kan gemaak word om die dagboek interessant te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.