Leer jou kind om kennis toe te pas

boeke.jpg

Foto: Argief.

[promosie-artikel]

Prof Rita Niemann

Ouers moet hul kinders ondersteun deur van jongs af ’n infrastruktuur vir leer te skep en hulle dan te help om dít wat hulle geleer het, toe te pas. Maar hoe presies word dit gedoen?

Die toepassing van kennis word in Bloom se Taksonomie (1956) as ’n hoërorde vaardigheid gekenmerk, wat beteken dat dit kinders in staat stel om dieper oor dinge te dink en dit te ontleed. Dit kan egter vir kinders ’n uitdaging wees, aangesien hulle kennis en vaardighede wat in een konteks aangeleer is dan in ’n ander konteks moet toepas. Die vermoë om dit te doen, ontwikkel nie vanself nie en kinders moet die vaardigheid aanleer.

Marzano, Picking en Pollock (2001) gee ’n goeie uiteensetting van die bemeestering van toepassingsvaardighede. Hulle stel voor dat ouers hierdie vaardighede by hulle kinders inskerp deur ’n speletjie van alledaagse gebeure te maak, bv.:

  1. Daag jou kind uit om nuwe dinge prakties te doen, bv. om die tafel te dek. (Dit is belangrik dat dit aanvanklik binne ’n veilige, bekende omgewing plaasvind en dat dit verband hou met die kind se ervaringsveld en belangstelling.)
  1. Stel duidelike doelwitte (bv. aantal mense, wat die geleentheid is, ens.) en maak seker dat jou kind verstaan wat van hom/haar verwag word. Gebruik vrae en voorbeelde en laat jou kind aan jou verduidelik wat hy/sy gaan doen en hoe dit gedoen gaan word. Gee raad waar nodig, maar laat jou kind eers self probeer.
  1. Laat jou kind nou die taak uitvoer.
  1. Jou kind moet nou nadink oor wat gedoen is. Hy/sy moet self evalueer of alles reg gedoen is, en moet ook identifiseer waaroor hy/sy onseker was.
  1. Stel nou ’n soortgelyke uitdaging, maar in ’n ander konteks, bv. om vir ’n piekniek voor te berei. Laat jou kind dan die verskille en die ooreenkomste tussen die twee kontekste verduidelik.

Bronne:

Bloom, B.S. (Ed.). Engelhart, M.D., Furst, E.J., Hill, W.H., Krathwohl, D.R. (1956).Taxonomy of Educational Objectives, Handbook I: The Cognitive Domain. New York: David McKay Co Inc.

Marzano RJ, Picking DJ & Pollock T, 2001. Classroom Instruction that Works: Research-based strategies for increasing student achievement. Alexandria (USA): ASCD.

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.