Leer ken jou kind só

Foto: momastery.com

Foto: momastery.com

Hoe goed ken jy jou kind se hart? Hoeveel gehalte is daar werklik aan die tyd wat jy saam jou kinders spandeer? Weet jy wat hom bangmaak of wat hy eendag graag wil word?

ʼn Kreatiewe juffrou in Amerika het ʼn glasbottel met verskillende vrae saam met die kinders in haar klas huis toe gestuur sodat dié soort vrae saans om die etenstafel gevra kan word. Dié bottel het een van die ma’s geïnspireer om die konsep nog verder te vat en so is die “Key Jar” gebore.

Dié ma sê hierdie vrae het haar gesin se lewe só beïnvloed dat selfs haar tienerkind wou deelneem.

Die “Key Jar” het 48 vrae wat in drie vlakke verdeel word: Die eerste vlak vra dat die kind na homself kyk, byvoorbeeld: “Wat was jou eerste gedagte toe jy vanoggend wakker word?” Die tweede vlak kyk na sy portuurgroep, met vrae soos byvoorbeeld: “Wie in jou klas lyk eensaam?” Die derde vlak fokus op die wêreld, byvoorbeeld: “Watter uitdagings beleef die wêreld vandag?”

Mense wil geken word, hulle wil hê jy moet uitvra oor hul lewens en wat hulle oor sekere dinge dink. Die “Key Jar” is ʼn goeie manier om jou kind te leer ken en hulle die vaardighede te leer om hulself te leer ken.

Lees gerus die volledige storie hier.

Foto: momastery.com

Foto: momastery.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.