Lees: die perfekte wintertydverdryf

a-kid-reading_greatbooksacademy_org.jpg

Foto: greatbooksacademy.org.jpg

[promosie-artikel]

Danielle Barfoot

Lees is die perfekte tydverdryf vir die winter. Om jou kind daarvan te oortuig is natuurlik ’n ander storie! Hier is ’n paar wenke om selfs die mees onwillige leser sover te kry om dié Julie-vakansie met ’n boek op te krul.

  • Verbreek die reëls: Die meeste kinders stry oor slaaptyd, veral as dit boonop vakansie is. Gee hulle ’n keuse om gewone tyd bed toe te gaan, of om tot laat wakker te bly en te lees.
  • Maak lig: Koop vir jou kind ’n behoorlike koplampie – die lig is skerper en dek ’n wyer area as ’n bedlamp, en dit laat hom toe om op enige plek te lees; in die bed, in ’n tent, en selfs as die krag af is.
  • Moenie klaarmaak wat jy begin het nie: Begin om vir jou kind ’n boek te lees wat jy dink hy van gaan hou. Sodra hy geboei is, raak “te besig” om verder te lees. Hy sal (hopelik) so nuuskierig wees om uit te vind wat volgende gaan gebeur dat hy sommer self verder lees.
  • Boeke en flieks: Skep ’n reël dat hy eers die boek moet lees voordat hy die fliek kan gaan kyk.
  • Probeer klassieke verhale: Daar is geen waarborg dat jou kind van klassieke verhale gaan hou nie, maar probeer om die boeke waarvan jy as kind gehou het, met hom te deel. Dit is dalk net ’n wenner.
  • Lees hardop: Jy dink dalk dat jy nie meer vir jou kind hoef te lees as hy self kan lees nie, maar soms wil kinders net ontspan en alles inneem. Maak tyd om hardop vir hom te lees, of span oudioboeke in. Hy sal daarby baat deur die ritme van die taal en die korrekte uitspraak van die woorde te hoor.

Wie weet, jou kind vind dié winter dalk net ’n boek wat sy verbeelding aangryp en ’n lewenslange liefde vir lees by hom kweek.

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.