Liefdestale van die gesin

heart-1192662_1280Ronéll van Rooyen

Liefde is een van die kernboodskappe deur die jare heen. God is liefde en dit is moontlik waarom mense op verskeie maniere liefde soek. Liefde word uitgedruk in liefdestale en liefdeswoorde. Dit beteken mense voel meer aangeskakel en geliefd wanneer ander mense sekere gedrag teenoor hulle openbaar. Kundiges het hierdie gedrag ingedeel in vyf groepe of tale: opbouende woorde, aanraking, kwaliteittyd, liefdesdade en geskenke.

Sommige ouers sal verbaas wees om te weet hul tieners het twee of meer liefdestale. Kom ons loer kortliks na elke liefdestaal.

OPBOUENDE WOORDE

Ouers kan die voorbeeld stel en die atmosfeer in die huis skep vir gesonde, opgeruimde kommunikasie. Elke mens is afhanklik van opbouende woorde en indien ouers verskil, doen dit in jou private ruimte eerder as voor die kinders.

Dis is belangrik om komplimente te gee vir spesifieke dade en nie sommer net in die algemeen nie. Komplimenteer die probeerslag ook, nie net die prestasie nie.

“Ek is lief vir jou”

Hierdie woorde is so belangrik. Dit is bewys dat kinders en tieners, wat nie hierdie woorde by hul ouers hoor nie, die seer saamdra tot in hul volwasse lewe.

Voor ander mense ook

Dis selfs belangrik om mekaar as gesin op te bou met woorde in die teenwoordigheid van ander mense en familie. Let egter daarop dat tieners dit nie noodwendig waardeer voor hul maats nie.

AANRAKING

Wanneer tieners byvoorbeeld seergemaak of kwaad is, sal hulle fisies verder van hul ouers af staan wanneer hulle praat. Dit wys dat hulle nie nou aangeraak wil word nie. Ouers moet weet hulle kan nie ʼn sekere soort aanraking afdwing op kinders nie. Tieners strewe na onafhanklikheid en identiteit. Hulle het die reg om sekere aanraking te weier. Sommige ouers is wys genoeg om dit te weet, ander manipuleer kinders of tieners.
* Tweedens moet Pappa’s steeds aan hul dogters en seuns raak. Sommige kinders hou van ʼn rugkrap, seuns hou dalk van ʼn vuishoutjie op die skouer of rofstoei, ander hou van ʼn drukkie op die arm. Wees sensitief.
* Derdens kies die regte tyd en plek. Nie voor hul maats nie, tensy hulle dit inisieër.

heart-387972_1280Laastens moet ouers altyd emosioneel volwasse wees en as leiers met goeie karakter optree in woord en daad. Dit beteken dat ouers meer sal seerkry deur kinders se dade, maar steeds moet streef daarna om die liefdestale te praat met almal in die huis.

KWALITEITTYD
Kwaliteitgesprekke verskil van die ander liefdestaal van opbouende woorde, omdat woorde fokus op wat ons sê, terwyl kwaliteitgesprekke fokus op wat ons hoor. Daar is ʼn paar eienskappe van kwaliteitgesprekke wanneer julle kwaliteittyd saam spandeer:

* Behou oogkontak met die spreker.
* Moenie iets anders doen terwyl jy luister nie.
* Luister vir gevoelens wat gekommunikeer word.
* Sien liggaamstaal raak.
* Moenie onderbreek nie.
* Vra betekenisvolle vrae wat wys jy luister.

LIEFDESDADE

Dade uit liefde leer kinders om dieselfde ook vir ander mense te doen. Spandeer tyd om kinders te help met byvoorbeeld skooltake, iets wat hulle wil bou, of iets wat hulle wil leer doen. Dis ook belangrik dat man en vrou mekaar help.

GESKENKE

Maak dit ʼn leefstyl om opreg te gee. Dis beter om te gee as om te ontvang.

* Sit ʼn geplukte rosie op jou vrou of dogters se bedkassies neer.
* Sit ʼn stukkie sjokolade op jou man of seun se bedkassie.
* Koop kos en deel dit uit vir minderbevoorregte mense.

Die kern is om mekaar se liefdestale te praat deur te luister.

Bronne: Gary Chapman, 2007, Die hart van die vyf tale van die liefde en Gary Chapman, 2010, The 5 love languages of teenagers.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.