[Wen] ‘Lilly van Liekieland’ leer kinders sing-sing

Lilly van Liekieland. Foto: Verskaf

Lilly van Liekieland. Foto: Verskaf

Lilly van Liekieland is ʼn Afrikaanse verhoogproduksie wat poog om jong kinders op ʼn vermaaklike wyse te leer oor alles – van hoe om te bid tot die belangrikheid van oefening.

Dié produksie met musiek en sang is die geesteskind van Adri Janse van Nieuwenhuizen en Tikara Carin Groenewald, albei met verskeie prestasies in die musiekbedryf. Dié twee het kragte gesnoer om dié tong-in-die-kies kinderkarakter te skep.

Lilly, vertolk deur Groenewald, vertel die verhaal van ʼn dogtertjie wat op ʼn ster in die hemelruim gewoon het. Dié dogtertjie was baie lief vir sing en wou altyd vir haar maats op die aarde sing, maar haar sang wou nooit so ver trek nie.

Op ʼn reënerige dag het sy haar maat Reëndruppel se hand geneem en saam met hom op ʼn reënboog tot op die aarde in Liekieland geseil.

Lilly van Liekieland vertel stories oor hoe lekker dit is om groente te eet, dit leer kinders oor diere en selfs die belangrikheid om tande te wissel. Die produksie het hope kinderhumor en behoort aanklank te vind by alle kinders.

Lilly, die karakter, toer tans die land vol met haar debuutalbum en DVD. Besoek Lilly van Liekieland se webwerf of Facebook-blad vir nog inligting.

Let wel: Die kompetisie is gesluit. Vyf gelukkige lesers kan elk ʼn Lilly van Liekieland CD wen. Stuur jou antwoord op die volgende vraag na [email protected], asook jou naam, van, kontaknommer en posadres: Wat is Lilly se maat se naam saam met wie sy op ʼn reënboog aarde toe gekom het? Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is geldig tot 18 April om 17:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.