Loop die eksamenspook? LitNet het vraestelle en memorandums om te help

Argieffoto (Foto: Unsplash/Pixabay)

Eksamen skryf is helaas nie ’n toeskouersport nie. Hoe meer jy oefen, hoe makliker word dit. Daar is geen beter manier om te oefen vir ’n eksamen as om eksamen te skryf nie. Daarom plaas LitNet gereeld nuwe vraestelle, memorandums en oefeninge op sy skoleportaal. Klik gewoon hier.

LitNet se oefeninge, vraestelle en memorandums is:

  • gratis;
  • belyn met die KABV; en
  • opgestel deur onderwysers en kundiges wat in die praktyk met die kurrikulum te doen het.

Elke graad is duidelik gemerk, en dui ook aan watter gedeelte van die vakgebied of watter tydperk van die jaar se werk gedek word. Nuwe materiaal word gereeld bygevoeg.

LitNet plaas ook verrykingsmateriaal, video’s en ander artikels wat moeilike begrippe verduidelik.

Daar is meer

Soek jy tekste om lees- of luisterbegrip te oefen? Gaan loer by LitNet se afdeling vir nuwe skryfwerk.

Soek jy nuus oor kos, kuns of musiek? Wat van boeke en skrywers? LitNet het iets vir jou.

Wil jy meer weet oor die akademiese debatte oor die onderwys? Lees wat die kundiges sê in LitNet Akademies en op die skoleportaal.

LitNet is 21 jaar gelede gestig en is ’n gratis, onafhanklike internetjoernaal.

Vir LitNet is die toekoms van Afrikaans as onderrig- en akademiese taal baie belangrik. Ons ondersteun die kunste, aktuele debatte, kritiese gesprekvoering en die bevordering van nuwe skryfwerk.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.