Halfpad deur die middagete se slaai kom slaan my jongste sy arm liefderyk om my skouer. “Wat doen Ma vanmiddag?” “Hoekom?” vra ek behoedsaam.
“So gesê, so gemaak. Vreugdeloos deursoek ek die huis na die GPS wat vir seker die middag nog op die kombuistafel gelê het. Uiteindelik gee ek op, laai my dogter en twee kleintjies en ‘n maatjie in die kar en pak die tog tandeknersend aan. Sonder die GPS het ek nie ‘n benul wat die vinnigste manier sou wees om van die een uithoek na die ander uithoek van Pretoria te ry nie. Ek sal dus maar die pad moet ry wat vir my bekend is.”
Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon
Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.
Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel. Vyf luisteraars kan elk ʼn eksemplaar van Stilwo(o)rd en ʼn CD met voorlesings wen. Stuur ʼn e-pos na [email protected] om vir die prys in aanmerking te kom.