Luister: Die stut en die piekie


Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek "In Retrospek"

Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek “In Retrospek”

“Het jy sonbrandroom in?” vra ek op pad skool toe in die motor vir my vurige Affie-seun. “Neee Maa!” vererg hy hom. “Ek brand mos nie sommer nie.” Ek sug liggies en stry liewer nie.

“Die middag verwag ek om ‘n halfdooie seun op ‘n draagbaar by die skool  aan te tref. Maar nee: my rugby-stut kom met bloedrooi gebrande neus en wange, sonder ‘n stem, maar heeltemal lewendig en doodgelukkig, by die bakkie aan.”

Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon

Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.

Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel. Vyf luisteraars kan elk ʼn eksemplaar van Stilwo(o)rd en ʼn CD met voorlesings wen. Stuur ʼn e-pos na [email protected] om vir die prys in aanmerking te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.