“Het jy sonbrandroom in?” vra ek op pad skool toe in die motor vir my vurige Affie-seun. “Neee Maa!” vererg hy hom. “Ek brand mos nie sommer nie.” Ek sug liggies en stry liewer nie.
“Die middag verwag ek om ‘n halfdooie seun op ‘n draagbaar by die skool aan te tref. Maar nee: my rugby-stut kom met bloedrooi gebrande neus en wange, sonder ‘n stem, maar heeltemal lewendig en doodgelukkig, by die bakkie aan.”
Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon
Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.
Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel. Vyf luisteraars kan elk ʼn eksemplaar van Stilwo(o)rd en ʼn CD met voorlesings wen. Stuur ʼn e-pos na [email protected] om vir die prys in aanmerking te kom.