Luister: Die wyse man sonder ʼn naam


Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek "In Retrospek"

Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek “In Retrospek”

Hy’s altyd dieselfde, altyd daar, altyd vriendelik. “Lekker weer wat ons vandag het,” sê hy opgeruimd terwyl hy die trollies by my neem.

“Mpho se arms en bene wil nie vir sy beskadigde brein luister nie. Hy wriemel met groot inspanning sy lyf totdat hy omrol. Soms kerm hy van frustrasie omdat hy geneig is om een arm vas te rol. Hy wriemel tot by ‘n speeding, dan gebruik hy sy kopof sy tong om met die speeding te speel.”

Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon

Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.

Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel. Vyf luisteraars kan elk ʼn eksemplaar van Stilwo(o)rd en ʼn CD met voorlesings wen. Stuur ʼn e-pos na [email protected] om vir die prys in aanmerking te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.