Luister: Hoe gemaak met geënte bome?


kinders-speel-rekenaar

Foto: StartupStockPhotos/Pixabay.com

Hettie Brittz van Immergroen Ouerskap het ons die afgelope paar dae meer vertel oor die vier boomsoorte – palmbome, roosbome, dennebome en sierbome. Maar hoe gemaak as jou kind ʼn kombinasie van twee persoonlikheidstipes is?

Kry ʼn mens iets soos ʼn palmroos of ʼn sierden? En hoe gemaak as ʼn roos-pappa en sy sierpalm-dogtertjie mekaar heeltyd verkeerd verstaan? Susan Lombaard het met Hettie gesels.

  • Immergroen Ouerskap bied aan desperate ouers veel meer as net ʼn verduideliking van hoe jou kind se persoonlikheid in mekaar steek. Jy kan selfs jou ouerskapsvrae vir een van hul opgeleide fasiliteerders vra. Dalk wil jy ʼn kursus bywoon, of een van Immergroen se dissipline- en motiveringsprodukte aanskaf. Besoek gerus hul webwerf by Immergroenouerskap.co.za vir al die inligting waarna jy op soek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Carol ·

Om afrikaanse nuus in my rss-voer te lees, kan ek nie kies wat daar verskyn nie….derhalwe kry ek soms gemorspos wat ek gewoonlik vermy…….Die hele week al word daar elke dag ‘n stuk geplaas oor kinders wat bome is………………ek vang net ‘n paragraaf of so voor ek maar liewer “delete”….
Maar vandag voel ek om soos my Ouma te sug: “Haai nee!!”
Genade, dis amper so erg soos evolusie waar mense glo dat hulle van ape afkomstig is!!!
Ek kan nie glo dat volwasse, Christelike afrikaners hulself bemoei met hierdie tipe snert nie……. en dat jy werklik dink dat bome soveel persoonlikheid het dat jy kinders met hulle kan vergelyk nie!!
Ag nee, regtig!
Dit is heel eenvoudig:
‘n Ongedissiplineerde kind word ‘n ongedissiplineerde grootmens.
Spaar die roede en jy sal jou kop in skaamte laat sak.
JY moet verantwoording gaan doen vir die leiding wat jy as ouer gegee het – en ook vir dit wat jy NIE gegee het nie.
Maak jou kind groot volgens die Bybel se norme en standaarde, en jy sal ‘n goed-aangepaste kind met ordentlike maniere hê!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.