Luister: Iemand om aan te hang


Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek "In Retrospek"

Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek “In Retrospek”

“Moenie so aan my hang nie, Rietjie!” Dis al skemer en ek is in die winkelsentrum op pad na Pick n Pay vir brood en melk. Marietjie, op 12 al ‘n kompulsiewe koper, natuurlik saam. Ek is moeg en sommer lus om vies te wees.

“Miskien is ek so anti-hang omdat ek dit self nie kan regkry om aan ander mense te hang nie. Ek wil uitgelos wees, glo ek. Ek wil my eie self wees. In die middle wees, glo ek. In die middle van allerhande ellendes wat my al getref het, bly ek trots ‘n afstandjie handhaaf tussen my en ander mense wat my met goeie bedoelings probeer ondersteun.”

Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon

Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.

Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel. Vyf luisteraars kan elk ʼn eksemplaar van Stilwo(o)rd en ʼn CD met voorlesings wen. Stuur ʼn e-pos na [email protected] om vir die prys in aanmerking te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.