Luister: Is daar alternatiewe vir lyfstraf?


lyfstraf

Argieffoto.

Ouergemeenskappe is weer aan die gons ná die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se onlangse dringende aansoek dat die regering die gebruik van lyfstraf in huishoudings moet kriminaliseer.

Maroela Media se Esté Meyer Jansen het met Heidi Malan, ʼn ouerskapleidingspesialis van Doeltreffende Ouer en Opvoedkundige Leiding (DOL) gesels om uit te vind watter alternatiewe metodes daar vir ouers beskikbaar is as dit by goeie dissipline kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ina Smith ·

Yip dit word Ritalin genoem .. ‘n goeie pakslae op sy tyd het nog nooit skade gedoen nie ,, ons ouer geslag het daarmee groot geword geen skade oorgehou nie en is meer gedissiplineerd as vandag se kinders en ouers ,, Ouers is te bang om kinders te straf en geen Regering gaan my vertel hoe om my kinders groot te maak as hulle nie eers die land se burgers en betoogende oproermakers kan beheer nie . Dissipline begin by die huis daarom is daar soveel probleme met ‘ studente ‘ en jongmense .. hulle weet hulle kom weg met ja soms moord

Christo Visagie ·

Pak slae het menigte van ons op die regte pad gehou as jy jou rammietjie uitnek gehou het,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,dit was goeie medisyne as jy nie geluister het nie. Pak slae bo,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Disselboom ·

Die vraag wat eintlik gevra moet word, is hoe lyk die wêreld wat sy rug op lyfstraf gedraai het. Of anders gestel: “Kan ‘n ordelike gemeenskap sonder lyfstraf bestaan?”

Ou Uil ·

Ek onthou tot vandag die “ses van die bestes” en ook die redes daarvoor, Dit het my geleer om twee keer te dink as die aapstreke pla.

Henk ·

Weet julle, ek kan onthou toe ons kinders was, het ons oral en by almal in die buurt gespeel. As jy by Thysie gespeel het en jy het lelik gepraat, is jou mond saam met Thysie s’n met seep uitgewas. As jy by Wouter gespeel het en julle het droog gemaak, het jou boude net daar en dan gebrand. So kan die lys aangaan. Moet net nie by Ma of Pa gaan kla het nie, dan het jou boude weer gebrand omdat jy jouself nie kon gedra nie.Die resultaat is dat ek vandag met ‘n vreeslike siekte sit, hulle noem dit respek vir ander, disipline en goeie maniere. So is my kinders ook groot gemaak en hulle kinders word op dieselfde manier groot gemaak. Jy hoef maar net te kyk hoe dit in die skole deesdae gaan om te sien wat die gevolg is van lyfstraf afskaf met die gepaardgaande kinder regte.

Rina ·

Goed verwoord! Stem 100 persent saam. My 2 dogters is onderwyderesse en met die afwesigheid van enige dissipline, het dit ‘n nagmerrie beroep geword. Kan die leiers van die land nie sien, dat as jy die leerders van die land toelaat om te maak en breek nie, hulle sulke onopgevoede volwassenes kweek soos wat ons daagliks in die parlement en samelewing sien.

Sune ·

Ons kinders het op die goeie ou manier grootgeword. Ons het seker gemaak ons het hulle nooit uit woede en frustrasie oor ons skoot getrek nie. Toe staan Kinderregte op. En baie stories oor kinders wat hulle ouers kan aankla. Toe kom ons 12jarige seun na my toe. “Ma, ek staan vandag op my Kinderregte. Asseblief Ma, slaan my as ek stout is sodat ek ‘n goeie Burger van ons land kan word”

Karma ·

Suné, dié een van jou 12-jarige seun, is absoluut “priceless”. Eendag, as jy Ouma is, kan jy dit vir jou kleinkinders vertel. :-))

stefanie van Niekerk ·

Het die menseregtekommissie niks beters om te doen nie? Daar is baie erge dinge wat teen die wet gemaak moet word en ernstiger opgeneem moet word. Daar is n verskil tussen n goeie pakslae en mishandel. N pak op sy tyd is n goeie medisyne. Soos julle se, dissipline begin by die huis. Ek het pak gekry en my kinders sal ook saam met n verduideliking oor hoekom.

Maggie van Zyl ·

hahaha, verbasend hoe ‘n kind se ore en se agterent aanmekaar gekoppel is…

Karma ·

“Spaar die roede en bederf die kind” lui die spreekwoord. Maar vandag se dae is ‘menseregte en kinderregte’ mos belangriker as om die jongeres respek vir ouer mense, jou onderwyseres, ander mense, ouerlike- en wetsgehoorsaamheid en die regte morele waardes te leer. Jy hoef nie ‘n kind dood te slaan nie, maar ‘n rapsie (of twee) op sy tyd en op die regte plek vir die regte rede het geeneen van ons 40-plussers doodgemaak so dertig jaar gelede nie! En miskien is dit juis die oplossing vir ‘n jeug wat handuit ruk vandag. En dalk moet die regering konsentreer op werklik-belangrike situasies: die misdaad, werksloosheid en sosiale onverantwoordelikheid en ander maatskaplike probleme. Laat mense (die ouers) hul kinders grootmaak soos hulle dit goeddink.

Grotman ·

Die kinders van vandag word vir die duiwel groot gemaak agv dat die ouers niks meer se het oor die grootmaak van hulle kinders nie. En as die kindergoetjies groot word en dwelms gebruik, steel en moor dan is die regering gou om vinger na die ouers te wys. As jou kinders klein monsters word dan laai jy hulle mooi in die kar en gaan laai hulle af by Nkandla of hierdie goggas wat teen straf is…

Jaco ·

Kan iemand my inlig:
Indien lyfstraf in die huis nou wel onwettig verklaar word, HOE gaan ‘n 5-jarige kind wat geslaan word weet hy moet dit by die Polisie gaan aanmeld?
Hoe gaan privaat-huise gemonitor word dat daar nie lyfstraf is nie?
Watter strawwe sal die ouers kry?
Gaan daar plek wees vir NOG hofsake oor lyfstraf? Die howe is klaar oorvol en selfs relatief eenvoudige klagtes soos domestic violence en diefstal vat jare om verhoor te word.

Lindi ·

Niemand gaan my keer om my kind n pakslae te gee wanneer sy een nodig het nie. Ons het pakslae gekry as jy aanjaag. Een pakslae wat ek nooit sal vergeet toe ek laerskool was, die dag voor die skool begin het ek tot donker by n maatjie gespeel. Ek het n helse pakslae gekry by my pa daaroor. Maar dit het my respek en disipline geleer. Op 35 is ek steeds maar baie versigtig vir my pa. En dis hoe hy met sy kleinkind ook is want ons bly by hulle. As my kind nie luister nie moet haar ore nou maar deur haar boude oopgemaak word. As jy nie wil hoor nie moet jy maar voel.

Pappa Beer ·

My seuntjie is my hart se punt en ek sal my lewe gee om hom en sy mamma te beskerm teen gevaar en seerkry, maat hy weet as pappa gepraat het moet jy luister anders brand jou boude. As die “stof” na tien minute gaan le het sal hy altyd na my toe kom en omverskoning vra vir dit wat hy verkeerd gedoen het, en dan is alles vergewe en die les is geleer. Ek is die EERSTE in die ry wat gekant is teen mishandeling, hetsy vroue, kinders of diere, maar n loessing nou en dan is die beste medisyne vir ongehoorsaamheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.