Luister: Kweek ‘n belangstelling in wiskunde


wiskunde-01

Lede van die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers verduidelik hoe jy kan help om ‘n belangstelling in wiskunde by jou kind te kweek. Foto: Kettering.edu

Wiskunde is onder die kollig in die media en daar word verskeie planne beraam hoe om onderwysers beter te kwalifiseer om die kwaliteit van die vak te verbeter.

Daar is egter gemengde gevoelens oor die sukses van die planne. Tog hoef wiskunde nie vir ouers en hulle kinders hoofbrekings te gee nie. Esté Meyer Jansen gesels in die volgende gesprekreeks met Valentyn van der Merwe, Hein van Niekerk en Ruan Kapp, almal lede van die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers, oor die vak en hoe om dit makliker vir die kind, ouer en selfs onderwysers te maak.

Ruan, Hein en Valentyn verduidelik hoe jy ʼn belangstelling in hierdie vak by jou kind kan help kweek, en watter faktore ʼn belangrike rol speel by kinders se belangstelling in wiskunde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.