Luister: Melktert vir Mob


Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek "In Retrospek"

Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek “In Retrospek”

“Maa-haa!” Dis Boetie wat met sy kop in die yskas roep. “Is die melktert vir ons?” “Nee?” skrou ek. “Dis vir Oom Dirk se verjaarsdag. Kry ‘n stukkie van die konfyttert.”

“Minute later sit ek by my kombuistafel en dink oor wat ek pas gehoor het. Ek dink aan my eie seun se gespierde lyf, sien hom voor my in die swembad duik net soos Mop seker vanmiddag gedoen het. Ek stel hom voor in ‘n hospitaalbed, verlam. ‘n Oorweldigende begeerte neem van my besit om aan my kind te bewys hoe verskriklik lief ek vir hom is. En terstond sny ek ‘n yslike stuk van die verbode melktert vir hom af.”

Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon

Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.

Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.