Luister: ʼn Rooi hartjie op my hart


Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek "In Retrospek"

Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek “In Retrospek”

Vyfuur. Skoolgebou. Ekstra klas. Bank toe gejaag om vir Sussie op die Puk geld in te betaal. ‘n Rugbytrui vir Boetie gaan koop. Hom weggebring en gaan haal, betyds vir sy oogarts-afspraak. Nou is daar ‘n lamte in my gebeente.

“In derde rat spoed ek deur die huis, verskree die kinders, bad en trek Rietjie en myself aan, maak eetgerei bymekaar, ontvries vleis en maak ‘n afgeskeepte slaai. Sesuur eers vaar ons met ‘n onbehoorlike spoed weg Nuwe Hoop Skool toe. ‘n Lang tafel is met ‘n wit tafeldoek onder die seilafdak gedek. Rooi hartjies hang van die dak af. Rietjie is so opgewonde dat sy skoon verspot is. Ons is (natuurlik) laaste daar.”

Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon

Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.

Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Heidi ·

Ek wil julle Maroela Media, Kraal Uitgewers, Solidariteit en natuurlik Marietha Malan en Magda van Biljon bedank vir hierdie klankgrepe van Stilwo(o)rd. Ek hoop regtig dat ons na nog van hierdie kort oordenkingsvoorlesings sal kan uitsien. Nogmaals dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.