Luister: Ontmoet vir Dorette, die klassieke roosboompie


dorette-roosboompie

Foto: Childdevelopmentinfo.com

Hettie Brittz is alombekend vir haar ouerskapbediening, Immergroen Ouerskap. Dié bediening rus ouers toe met raad en kennis vir die uitdagende taak van kinders grootmaak met ʼn Bybelse grondslag.

Susan Lombaard gesels vandag verder met Hettie en vind meer uit oor die persoonlikheidstipe van kinders wat Immergroen as ‘roosboompies’ beskryf.

  • Immergroen Ouerskap bied ʼn groot verskeidenheid kursusse aan wat jou kan help om nie net jou kinders nie, maar ook jou man en selfs jou vriende en kollegas beter te verstaan. Temas soos gesag, dissipline en jou kind se ontwikkeling word in hierdie kursusse bespreek. Besoek gerus Immergroenouerskap.co.za om meer uit te vind oor ʼn kursus wat naby jou aangebied word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.