Luister: Raadop met wiskunde? Gerrie Schoeman “The Math Mechanic” kan help


wiskunde

Gerrie Schoeman, ‘n wiskunde privaatonderwyser, verduidelik hoe jy jou kind kan help met wiskunde. Foto: Argief.

Met ʼn klaskamer van ongeveer 40 leerlinge en 45 minute per periode beteken dit ʼn onderwyser het dikwels een minuut per kind om ʼn wiskundeprobleem te verduidelik. Nou hoe gemaak as jou kind sukkel met wiskunde? Gerrie Schoeman, ʼn wiskunde privaatonderwyser, gee ʼn paar praktiese wenke hoe jy jou kind met wiskunde kan help.

Hy verduidelik ook vir Esté Meyer Jansen van Maroela Media, wat is die een ding wat jy as ouer nie moet doen as jy self met wiskunde gesukkel het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Herleen Potgieter ·

Op die oomblik sukkel my seun, sy onderwyser en ek sy ma so deur die wiskunde. Dankie vir die Goeie Vader vir sy onderwyser wat als doen wat moontlik is om my seun te help. Hy is gediagnoseer met lees en skryf disleksie. Wat ‘n nagmerrie. Is daar iemand wat met dieselfde probleem dalk sit en enige raad kan gee om hom te help? Dis moeilik vir ‘n ouer om te probeer verduidelik want glo my, vandag doen hulle wiskunde geensins soos in ons tyd nie. Ek is net bekommerd dat ek hom op my manier help en die onderwyser op sy manier en dit die kind nog meer verwar. Sterkte aan ander wat ook hiermee sukkel.

Ek self het wiskunde net tot std. 7 gehad, dit was ‘n keuse vak. Glo my vandag het ek vir jare in krediteur gewerk en vandag is ek in “payroll” met net die kennis van wiskunde. Hoekom word ‘n kind verplig om dit te neem tot in Gr.12 as hy so sukkel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.