[Luister] Vensterkind

Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek "In Retrospek"

Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek “In Retrospek”

Hy is soos iemand agter ‘n dik eenrigtingruit. Naby, maar tog ver. Hy kyk soms na jou sonder om jou te sien. Jy praat met hom sonder dat hy reageer. Die mooiste seuntjie – ‘n donkerkoppie met ‘n ligte vel, blou ogies en die lieflikste glimlag.

“Ek het byna ‘n jaar en ‘n half geneem om Jac te leer om self te eet. Hy het eenvoudig die lepel uit sy slap hand laat val. As jy die lepel na sy mond toe probeer “bestuur”, het hy teruggerem. Dit was baie geriefliker om gevoer te word.”

Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon

Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.

Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae