Luister: Wat maak jy met jou kind se manipulasiemonster?


kwaai-dogtertjie

Foto: Mama365.gr

Die manipulasiemonster is iets wat ouers regoor die wêreld laat nagmerries kry en huilend in donker hoekies laat wegkruip… Want dis ʼn taktiek wat elke kind stewig onder die knie het teen die tyd dat hulle drie jaar oud is. Wat presies is manipulasie? En waar leer kinders dié nare gewoonte aan?

Susan Lombaard het met Hettie Brittz van Immergroen Ouerskap hieroor gesels.

  • Wil jy meer te wete kom oor manipulasie en gesag? Immergroen Ouerskap het ʼn verskeidenheid kursusse, leesmateriaal, produkte, CD’s en DVD’s wat jou kan help om die manipulasiemonster vir altyd uit jou huis uit te jaag. Besoek gerus hul webwerf by Immergroenouerskap.co.za en laat weet ons wat jy dink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Marx ·

Haha….”manupilasiemonster”? Nee wat, g’n monsters in enige van my drie kids nie. Ek het hulle volgens die oer-oue en wel beproefde chemiese reaksie beginsel groot gemaak: As jy die boude warm maak, smelt die was in die ore vining. En voila…..nie om my eie beuel te blaas nie, maar daar is hulle: Forensiese rekenmeester, meganiese ingenieur en biokinetikus. Uiters suksesvol. Goed gemanierd……want ons het die “monsters” sommer klein tyd al nek omgedraai.

Rina Kotze ·

Ek stem saam. My Ma het my vertel dat my Oumagrootjie gesê het ‘n kind het ‘n pak slae nodig soos hy kos nodig het! Op sy tyd! Mens kan ook net soveel keer praat!
Nog ‘n goeie straf is: neem iets van hulle weg waarvan hulle baie hou, bv geen TV kyk daai dag nie!
Wat ook lekker werk is die “Time-Out” tyd. Dit gee die kind tyd om hom uit te woed in die plek waar daar geen opwinding is nie, bv badkamer. en dit gee jou as ouer tyd om te kalmeer en nie jou kind uit woede te slaan nie.
Daai warm boude of handjies, maak beslis die was in die ore smelt! En vir ‘n ruk gaan dit dan baie beter.
Ek vra nooit my kinders om verskoning omdat ek hulle geslaan het nie.
Ek sê wel waarom hulle pak slae kry en dit is regtig wanneer hulle ‘n pak slae verdien.

Riekie ·

Stem 110% Salam Johan. Warm boude maak ore oop. My kids is ok baie gebalanseerde selfversekerde jong mense op wie Ek baie trots is!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.