Luister: Wenke wat werk vir dapper mammas


Lizanne-du-Plessis

Lizanne du Plessis gee raad vir brawe ouerskap. Foto: Lizanneduplessis.com

Ouerskap is een van die moeilikste en veeleisendste, maar belangrikste rolle wat ‘n mens ooit sal vervul. Daarom moet ons braaf en doelgerig wees.

Lizanne du Plessis is ‘n mamma, ‘n gekwalifiseerde arbeidsterapeut en skrywer van die boek, Maak gelukkige kinders groot: Die sleutel tot ‘n kalm, gebalanseerde kind. Sy is ook een van die sprekers by vanjaar se Johnson’s Baby Sense seminaar en gaan gesels oor haar wenke vir dapper mammas.

Esté Meyer Jansen het met Lizanne in Durbanville gesels oor haar raad vir ouers wat gelukkige kinders wil grootmaak en vreugdevolle ouers wil wees.

Elke mamma, kind, situasie en huislike omstandighede is uniek. Sodra elke mamma dit verstaan en haarself nie vergelyk met Super-organiseerde Sannie wat langsaan bly, Susara en haar pragkind wat die ma-en-baba groep bywoon en Getruida wat lyk en klink asof als perfek is nie, dan kan ‘n mens vorentoe gaan. – Lizanne du Plessis

Besoek haar blog www.lizanneduplessis.com vir nog praktiese en inspirerende ouerskapwenke. Sy is ook beskikbaar om by jou kerk, skool en ouerskapgroep te kom praat. Stuur gerus vir haar ʼn epos na die adres op haar blog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.