‘Ma, ek is verveeld!’

Foto: traveltips.usatoday.com

Foto: traveltips.usatoday.com/

Vandag se kinders word al meer gedruk om te presteer – ekstra klasse, sportaktiwiteite en sommer nog ʼn klavier- of vioolles ook. Daarom is hulle dankbaar en opgewonde wanneer die skoolvakansie aanbreek. Maar vir menige ouers, wat SELF ’n baie druk program het, is dit ʼn dilemma.

HOE gaan jy jou kind besig hou hierdie vakansie?

Die nasionale dieretuin van Suid-Afrika bied verskeie programme aan om jou kind besig te hou. Dis nie net leersaam nie, maar jou kind kry die kans om diere van naby te beskou. Gaan besoek gerus die webwerf vir inligting oor verskillende programme.

Op 30 Junie van 09:00 – 11:30 word ʼn perdepret-dag by Kerilou-stalle aangebied. Kinders kry ʼn lesing oor perde en ʼn ryles van ʼn uur. Bel Ila by 072 026 3280 vir meer inligting.

As jou kind die volgende kokkedoor is, is Culinary Studio se “Kids in the kitchen” die regte tydverdryf. Kinders van verskillende ouderdomme kan inskryf vir dié program. Besoek gerus die webwerf vir meer besonderhede.

ʼn Lekker uitstappie is ook ʼn goeie manier om kinders besig te hou. Gaan maak ʼn draai by TripAdvisor se webwerf. Daar is baie opsies met terugvoer van mense wat reeds plekke besoek het.

As jy so bevoorreg is om saam met jou kind dié vakansie deur te bring, laat jou kind ʼn projek aanpak:

– As hulle van verf hou, laat hulle ʼn stuk lap verf wat gebruik kan word as duvetoortreksel. Die webwerf Tiny Sidekick wys jou hoe.

– Ouer kinders kan selfs houtwerkprojekte aanpak. ʼn Speseryrak vir ma (teen ʼn prys) kan ’n goeie manier wees om jou kind se vaardighede uit te brei. Die jonger kinders kan ʼn ou stoel help afskuur en oorverf. Pa kan ook ingespan word om ʼn boomhuis of swaai te help bou.

– Berei ʼn stuk grond in die tuin voor waar hy blomme of groente kan plant. Besoek Gardening know how se webwerf vir nog idees.

– Volg gerus Dave Hax se YouTube-kanaal vir oulike projekte:

As al die voorstelle nie help nie, is jou beste opsie dalk om die kroos by ouma en oupa af te laai.

Foto:thefw.com

Foto:thefw.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leendert van Oostrum ·

Hierdie artikels oor “hou-die-kinders-besig-in-die-vakansie” laat tuisskolers altyd glimlag.

Dis ‘n probleem wat mens (na die eerste ses maande) baie selde by tuisleerders kry – hulle weet hoe om hulle besig te hou, en struktureer self hul tyd en aktiwiteit.

Dis skoolkinders wat, weens die omstandighede in skole gesagsafhankliik word en hul inisiatief verloor.

Tuisskolers ken dit goed – wanneer die skoolmaatjies in vakansietye kom kuier is daar gou-gou klagtes van “Tannie, ons is verveeld”. Met tuisskoolmaatjies het hulle nooit die probleem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.