Maak gereed vir ’n goeie jaar

skool-21.jpeg

Argieffoto

[promosie-artikel]

Danielle Barfoot

Met die eerste skooldag waarvoor almal gretig gewag (of moontlik gevrees) het nou agter die rug, is dit tyd om vorentoe te kyk en te bepaal hoe jy jou kind vir sukses kan voorberei. Hier is ’n paar dinge wat jy nóú kan doen om ’n goeie begin te verseker!

Praat oor wat verwag kan word: Met elke nuwe skooljaar kom oorgangspunte – na ’n nuwe graad, klas of skool. Gesels met jou kind oor enige vrae of bekommernisse wat hy het oor die jaar wat voorlê en help hom om iets te vind om na uit te sien.

Hersien jul roetine: As jy dit nie reeds gedoen het nie, is nou die tyd om (weer) ‘n roetine te vestig, veral wat slaaptyd betref. Kinders het gehalte, ononderbroke slaap nodig – ’n goeie nagrus berei nie net hul liggame voor om die volgende dag aan te pak nie, maar het ook ’n aansienlike invloed op hul gedrag (kinders wat nie genoeg slaap nie kan maklik geïrriteerd en humeurig raak). Boonop kan swak of te min slaap tot kognitiewe probleme lei, wat ’n invloed het op hul vermoë om te leer.

Kry huiswerk onder die knie: Skep ’n stil ruimte waar jou kind sy huiswerk kan doen. Besluit ook wanneer die beste tyd is om dié taak aan te pak. Sommige kinders verkies om dit sommer dadelik na skool te doen, terwyl anders eers ’n ruskans wil vat. Bepaal wat die beste vir jou kind werk en hou daarby.

Bestuur oggende beter: Werk ’n stelsel uit om holderstebolder oggende te voorkom – pak boeke, huiswerk, uniforms en selfs kosblikke die aand voor die tyd. En maak seker dat almal betyds opstaan. Jy sal verbaas watter verskil ’n paar minute kan maak!

Stel doelwitte vir die jaar: Jou kind se selfvertroue, motivering en trots in sy prestasies sal groei as hy doelwitte stel en dit deur die loop van die jaar behaal. Help hom met hierdie doelwitte, maar ook met duidelike stappe oor hoe om die eindpunt te bereik.

Raak betrokke: Reik uit na jou kind se skool en leer sy onderwysers ken. Raak betrokke en laat onderwysers weet dat jy bereid is om saam met hulle te werk om te verseker dat jou kind suksesvol is. Jou kind sal uiteindelik daarby baat.

Elke nuwe skooljaar moet gevul wees met vooruitgang, prestasie en die wonder van leer. Help jou kind om vanjaar onvergeetlik te maak!

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.