Maak jou jongspan só meer geld-slim

Foto: The Money Advice Service

Foto: The Money Advice Service

Dit is van uiterste belang dat kinders reeds op ʼn jong ouderdom leer hoe om te spaar en effektief met hul geld te werk.

Craig Torr, direkteur van die finansiële maatskappy Crue Invest, sê ouers het ʼn groot invloed op kinders se finansiële gewoontes later in hul lewens.

Navorsing van die Universiteit van Cambridge het bewys kinders se geld-gewoontes word gevorm teen die ouderdom van sewe jaar. Dit is daarom belangrik om jou kinders al vroeg reg te leer,”meen hy.

Volg dié nuttige wenke:

  1. Sakgeld: Gee jou kinders van ʼn jong ouderdom af sakgeld sodat hulle die verantwoordelikheid daarvan kan leer om met geld te werk. Bly egter by die een bedrag, sodat hulle kan leer hoe om dit reg te bestee.
  2. Leer jou kinders om ook aan ander te gee. Dit help dat hulle verstaan dis ʼn voorreg om geld te kry en ʼn verantwoordelikheid ontwikkel om altyd aan minderbevoorregtes te gee.
  3. Maak vir hulle van jongs af ʼn spaarrekening oop waarin hulle ʼn bedrag van hul geld kan spaar.
  4. Leer jou kinders om alle opsies te oorweeg voordat hulle koop en nie om die eerste en beste ding te koop wat hul harte begeer nie.
  5. Sluit jou kinders in by die uitwerk van die familiebegroting. Vakansies, ʼn nuwe motor en selfs die aankoop van toebehore, moet met kinders bespreek word sodat hulle van jongs af leer hoe dit werk.
  6. Dit is belangrik om nie bloot geld vir hulle te gee wanneer hulle in die knyp is nie, maar dit eerder aan hulle te leen sodat hulle die konsep van ‘skuld’ kan verstaan.
  7. Gee vir jou ʼn kind ʼn begroting en ʼn inkopielys en laat hulle toe om somme te maak om met ʼn bedrag geld alles op die lys te koop.
  8. Laat jou kinders ekstra geld verdien vir klein werkies wat hulle in en om die huis doen. Dit is ʼn goeie oefening vir onder meer selfbemagtiging.
  9. “Tough love”: Weerstaan die versoeking om jou kinders om elke hoek en draai met geld by te staan en laat hulle toe om eers self uit die situasie te probeer kom.
  10. Moedig jou kinders aan om meer te lees oor persoonlik finansies.

Vir meer inligting, besoek Crue Invest se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Agie ·

Is hierdie ‘n aanvaarde vorm van gebruik? Ek wonder of die oortreffende trap in hierdie geval dan mees geld-slim sal wees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.