Maak jou kind tegnologies touwys én veilig

Foto: o.canada.com

Foto: O.canada.com

[promosie-artikel]

Danielle Barfoot

“Kersvader” gaan beslis vanjaar verskeie briefies kry van kinders wat vra vir tabletrekenaars, selfone en ander toestelle vir Kersfees. Of jou kind iets tegnologies onder die boom gaan kry of nie, onthou dat tegnologie ’n onvermydelike deel van die lewe is.

As jy bekommerd is dat jou kind dalk nie gaan weet wat om met daardie toestel waarvoor hy gevra het, te doen nie, wees gerus. Kinders is dol oor tegnologie en verstaan dit gewoonlik selfs beter as volwassenes en sal heel moontlik weet hoe om dit te gebruik. Jou werk is om seker te maak dat hy dit veilig gebruik.

Hier’s hoe jy kan help:

Beperk skermtyd

Hoewel tegnologie ’n fantastiese instrument is vir leer, vermaak en kommunikasie, kan dit ontwikkeling belemmer wanneer kinders ander aktiwiteite, soos fisiese spel, sosialisering en buitespeel, afskeep.

Bly in beheer

Blokkeerders en filters sal ’n mate van beheer bied oor waartoe jou kind toegang het en wat hy aanlyn doen. Dit sal jou ook toelaat om webblaaie wat sekere woorde, frases of inhoud bevat, te blokkeer.

Maak reëls

Moenie jou kind toelaat om enigiets af te laai sonder jou toestemming nie – sommige programme of speletjies kan jou privaatheid bedreig.

Hoflikheid kos niks

Leer jou kind om hoflik te wees wanneer hy aanlyn kommunikeer, maar om te beperk wat jy deel. Sê uitdruklik watter soort inligting veilig is om met ander te deel en wat privaat moet bly.

Dink voordat jy iets plaas

Jou kind moet besef wanneer iets geplaas of per e-pos gestuur is, hy nie meer beheer daaroor het nie. Dit is dus beter om versigtig te wees. Hy moet homself altyd vra, “sou ek wou hê my ouers moet dit sien?”

Pasop vir boelies

Kuberafknouery is ’n werklikheid. Dit is dus belangrik om jou kind te leer wat om te verwag en hoe om te reageer as hy die teiken van kuberboelies word.

Spring aan die werk

As jy wil hê dat jou kind tegnologie werklik onder die knie moet kry, gee vir hom ’n werkie om te doen. Vra hom om ’n familie-blog te skep of moedig hom aan om kort video’s te maak vir vriende of familie wat ver woon. So sal hy ’n beter idee kry van wat tegnologie kan doen.

Bly in verbinding

Luister na jou kind as hy oor sy aanlynontdekking gesels en raak vertroud met die webblaaie wat hy graag besoek. Vra hom ook uit oor die vriende wat hy aanlyn het, nes jy sou maak met sy werklike vriende. As jy belangstelling toon, sal jy dadelik agterkom as iets nie pluis is nie.

Om ’n tegnologies-slim kind groot te maak, hoef nie angswekkend te wees nie, selfs al is jy digitaal effens onbekwaam! Leer hom hoe om sy aanlynrisiko’s te verminder, hou die kommunikasielyne oop en moenie bang wees om saam met jou kind nuwe tegnologie aan te gryp nie. Wie weet, jy leer dalk ’n ding of twee!

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.