Maak ’n bielie van ’n bordkryt

Hier is ‘n maklike resep om jou eie reusebordkryte te maak. (Foto: Kristin Naude.)

Maroela Media het spesiaal hierdie projek beproef en verbeter om ons lesers te help om hul kinders op ’n kreatiewe en speelse manier besig te hou.

Hierdie tamaai groot kryte sal ure se genot buite verskaf vir kinders van alle ouderdomme. Dit kan gebruik word op sement, steen en teer en kan maklik verwyder word met water.

Benodigdhede:

  • Leë toiletpapierrolle (een rol vir elke kleur)
  • 250 mℓ-Polyfilla (kraakopvuller) of gipspoeier as julle gelukkig is om dit in die huis te hê)
  • 125 mℓ water
  • Paar druppels voedselkleursel
  • Maskeerband
  • Houers om gips, water en kleur in te meng

Meng die kraakopvuller (of gips), water en kleursel saam in ’n houer tot goed gemeng en glad. (Foto: Kristin Naude.)

Metode:

  • Plak een kant van elke toiletpapierrolletjie toe met maskeerband.
  • Meng gips, water en kleursel saam in ’n houer tot goed gemeng en glad.
  • Gooi die mengsel in die toiletpapierrolle. Skud die toiletpapierrol liggies ’n paar maal om van lugborrels ontslae te raak.
  • Die toiletpapierrol sal nat word, maar laat staan dit vir ongeveer ’n uur.
  • Trek nou die toiletpapierrol saggies van die kryt af en los die kryt dan oornag om goed droog te word.

Hierdie tamaai groot kryte sal ure se genot buite verskaf vir kinders van alle ouderdomme. (Foto: Kristin Naude.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.