Maroela Matrieks: Die maklikste manier nóg om jou matriekpunte te kry

Waar sommige van ons sorgeloos die Desembervakansie kan geniet, is daar huisgesinne met ʼn bekommerde matrikulant wat op hete kole gaan sit en wag vir die eindeksamen se uitslae.

Maroela Media publiseer reeds van 2015 af elke jaar die matriekuitslae. Trouens, Maroela was die eerste webwerf wat akkreditasie ontvang het om die uitslae aanlyn te publiseer.

Maroela Media kan vir jou ʼn kennisgewing stuur om jou te laat weet wanneer die matriekuitslae op ons webwerf gepubliseer is. Klik hier om ‘n SMS en e-pos te ontvang sodra die uitslae beskikbaar is.

Maroela het hierdie jaar ook weer die voortou geneem met ʼn splinternuwe app – net vir matrieks. Ons wil graag met dié app as rigtingwyser optree en leiding bied aan matrikulante tydens dié belangrike tyd van hul lewens. En natuurlik word die uitslae ook op dié app gepubliseer sodra dit vrygestel word.

“Maroela Matrieks” is nou beskikbaar vir Android- en iOS-slimfone. Daar is interessante leesstof en kykgenot op die app om matrikulante te motiveer en voor te berei vir volgende jaar se studies.

Alle inhoud op die app kan gedeel word op sosiale media, asook matrikulante se uitslae. Familielede wat ver bly kan dus ook op die app inteken sodat hulle ook dadelik weet wanneer die punte beskikbaar gemaak word.

Registreer dus sommer nou en laai nou die “Maroela Matrieks”-app af (Android- en iOS-slimfone) wat jou in staat sal stel om jou matriekuitslae direk op jou foon te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae