Ma’s reg oor die wêreld in trane oor dié video

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Aangrypende video getiteld “A Normal Day” het sosiale media aan die gons en laat heelwat ma’s met trane in die oë.

Die video, wat al amper twee miljoen keer gekyk is, wys die perspektief van ʼn tuisblyma en al die struikelblokke wat sy daagliks beleef: sibbe wat baklei, inkopies doen met ʼn oormoeg kind, en in die kombuis werskaf terwyl die jongspan ook wil uithelp. Die video beeld al die uitdagings uit wat alle mammas so goed verstaan.

Wat die video egter so spesiaal maak is dat dit die perspektief van die kleuter ook wys: ʼn soen op die voorkop, ʼn speletjie saam met sussie en ʼn uitstappie na die winkelsentrum. Dieselfde dag word uit twee verskillende hoeke gewys, en hoe dit so verskillend beleef word – die een “normal” en die ander “magic”.

Hoewel dié video spesiaal vir Moedersdag gemaak is, bly dit steeds spesiaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ook net 'n mamma ·

Net jammer ons kan dit nie share op whatsapp nie… baie goed uiteengesit. Daar is selfs werkende mammas wat van die werk af allerhande pligte moet doen en ook dieselfde frustrasies deurmaak.

Lientjie ·

As werkende ma, kan ek met baie jaloesie in my se ek sal wat wil gee om dit saam my kinders deur te maak. Dit sal absoluut hemel op aarde wees, maar ja ons almal kan ongelukkig nie en moet werk om die pot aan die kook te hou….

AN ·

As professionele beroepsvrou, begeer ek die lewe van ‘n tuisbly mamma! Sal veel eerder wil huishou en kinders grootmaak as al die stress by die werk! Daar is ook ‘n groot hoeveelheid persoonlikhede en emosionele uitbarstings van verskillende volwasse mense by die werk. Veel eerder kyk na kindertjies, rondry na skool aktiwiteite, ens asook huis skoonmaak .

Ouma Kaspaas ·

Wat is die verskil tussen ń beroepsvrou en ń professionele beroepsvrou?

k ·

Die is baie oulik en van n kind wat se ma n tuisbly ma was kan ek sê soms was dit maar nag maar ek sal dit vir niks verruil nie. My ma was met elke netbal wedstryd daar, met elke traan, met elke bakslae, met elke na skool by die huis kom en n koffie en n broodjie… met huiswerk, met leer met als was sy altyd daar. Tot vandag toe is dit die memories wat n mens koester en onthou… sy is nogsteeds my rots en kan nooit genoeg dankie se nie….Dankie Mamma

Theresa ·

Sjoe ja nee. Woes so met kleingoed so kort na mekaar. Die dogtertjie se “magic” weergawe is seker dan die opsie. Eet koek van die vloer af – smeer julself vuil (vloer is skoon gewas) en die vuilsmeer lyk pret! soen eerder as om te skreeu – dit vryf blykbaar af op die kleintjies en is hul ook vriendeliker… Eendag, as hul groot is, bederf hul jou weer (of skreeu op jou as jy iets mors); pluk jou in jou stoel reg (as jy bewerig skuins sit); steek ‘n lang vinger naby jou gesig in die lug van viesgeit (omdat jy jou neus optrek vir pampoen of spinasie) ens. ens. ens…

Liezle Badenhorst ·

Of hulle vergewe jou vir dit wat jy hulle aangedoen het en versorg jou in jou oudag. Dis ‘n keuse – om te vergewe.

Lindie ·

Soooo bevoorreg was ek om al 4 my kids saam werk toe te vat tot graad 1. Halfdag gewerk so smiddae was heeltyd speeltyd.

Nou werk ek flexi ure, kantoor is reg langs die huis en is dit weer heeltyd speeltyd met 2 lieflike kleinkinders.

Ek verruil dit ook vir geen geld in die wêreld nie.

Geseende mamma ·

Ek voel presies soos die mamma. Staan 5 uur op maak kosblikke klaar kry skoolgoed reg groet pappa wat al 5:35 in die oggend ry om te gaan werk, gaan maak klaar en 6:10 ry mamma met drie kindertjies van 5 7 9 jaar skool toe/werk toe. vanaand half 6 stop ons weer by die huis maak kos was skottelgoed help met huiswerk was n bondel wasgoed (ek het nie n bediende nie) en vanaand 8:30 is ek kapoet en in die bed vir die volgende dag. Oooo en dan doen ek die nagdiens ook. Wat n geseende mamma is ek nie? Ons kindertjies is gesond ons slaap in lekker warm bedjies en so het ons niks om eintlik oor te kla nie…

Mien ·

Hierdie ouma sit nou lekker en tjank. My orrelpype is nou 33, 34 & 35 en soms wens ek hulle was weer klein. Was self so bevoorreg om ‘n tuisbly Mamma te wees. As dinge te veel raak, bak koekies of lees vir hulle. Daar is dinge wat belangriker is as om eksie-perfeksie te wees.

Chantel ·

Lekker huil ek nou. Werkende mamma met my eie skool…..hardloop rond heel dag en probeer my uiterste om aande en naweke spesiaal te maak mag dit vir my 2 woelwaters ook magic wees al is dit net normaal. xxxx

Yolandé van Aswegen ·

Dis jammer dat ons werkende moeders wat baie van dieselfde uitdagings, en ook ons werksomstandighede, moet hanteer, nie ook so ‘n video kan maak nie. So het almal van ons maar ons uitdagings……

Carina ·

Ek is ñ tuisbly mamma. Ek was wel ook ñ werkende mamma met my 1ste seun maar het besluit om tuis te bly toe sussie gebore is. Baie kry die persepsie dat ñ tuisbly mamma ongeskoold is en net sit en niks doen elke dag nie. Ons het onlangs ñ moedersdag picnic by die skool gehad en ñ mamma het my gevra wat my beroep is. Ek het gesê dat ek ñ tuisbly mamma is en sy het geantwoord hoe sal sy nie ook graag by die huis sal wil sit en niks doen nie. Ek weet presies hoe hard dit kan wees om ñ werkende mamma te wees en nogsteeds als te behartig maar ñ tuisbly mamma het dit glad nie makliker nie.

NieMeerMa ·

Ek was vir 8 jaar ‘n tuisbly ma, maar moes daarna weer gaan werk. Ek het alles in my vermoe vir my kinders gedoen, net om weggegooi te word na 18 jaar. Moedersdag videos en boodskappe laat nou n wrang smaak in my mond.

MammaBeer ·

Nie meer ma- dis jammer om hierdie woorde te lees van jou. Maar dit laat mens tog wonder, wat het jy gedoen dat jou kinders jou weggegooi het? Elke storie het 3 kante, joune, die kinders sin en die waarheid… Mense se aksies word bepaal deur die dinge waardeur hulle gaan … ek hoop en bid vandag vir jou dat jy vergifnis vind in jou hart teenoor jou kinders en hulle teenoor jou…

Lizelle ·

As n polisie beampte ervaar ek albei….ek werk skofte wat beteken ek werk 4 dae 12uur skofte (nagskof) ingesluit en dan is ek 4 dae by die huis. Huis skoon maak, wasgoed was, kosmaak, huiswerk ens is ook maar deel van my lewe. Die slegte deel is as manlief en my pragtige dogtertjie af is werk ek en as ek by die huis is, is hulle by die werk en skool. En een ding waarvoor ek meer bid as die lotto is dat ek veilig terug kom ma my gesin toe! Hoop in die nabye toekoms werk dit so uit dat ek ook kan ophou werk en voltyds by my gesin kan wees!

NieMeerMa ·

MammaBeer – dankie vir jou boodskap. Ek wens ook ek het geweet wat ek verkeerd gedoen het. Ek is nie die kans gegun om te vra nie en ek wonder nou al ‘n jaar en ‘n half. My seun praat darem met my, maar my meisiekind – topstudent, hoofmeisie, Sondagskooljuffrou – het ons bloot net weggegooi; die dag na ‘n fantastiese bootreismatriekvakansie wat ons met baie moeite vir haar betaal het omdat ons gedink het sy verdien dit. Intussen het sy toe al beplan, met ‘n briefie op die tafel “ek gaan aan met my lewe, moenie my soek nie, dankie vir alles”. Hoe vergeet en vergewe mens dit?

JJ ·

Mammabeer. Sjoe ek bid vir jou dat jy nooit deur so iets getref word nie. Eendag staan jy op en alles is nog reg en jy dink hoe gelukkig jy is om familie te he wat vir jou omgee. Dan kom daai oproep van verwyte en jy hwt dit en jy het dat. Jy het nie genoeg dit of dat nie. Dan tuimel jou hele wereld ineen en jy wonder. So ja NieMeerMa ek weet presies hoe jy voel en waardeur jy gaan. En ek wens dit my grootste vyand nie toe nie. Dink maar mooi mooi Mammabeer voordat jy oordeel. Die lat draai om en dan slaan hy harder terug.

JJ ·

Mammabeer. Sjoe ek bid vir jou dat jy nooit deur so iets getref word nie. Eendag staan jy op en alles is nog reg en jy dink hoe gelukkig jy is om familie te he wat vir jou omgee. Dan kom daai oproep van verwyte en jy hwt dit en jy het dat. Jy het nie genoeg dit of dat nie. Dan tuimel jou hele wereld ineen en jy wonder. So ja NieMeerMa ek weet presies hoe jy voel en waardeur jy gaan. En ek wens dit my grootste vyand nie toe nie. Dink maar mooi mooi Mammabeer voordat jy oordeel. Die lat draai om en dan slaan hy harder terug.

Hartseer ·

Ek is ook ongelukkig een van daardie moeders wat pot aan die kook moet hou, huishou en dan is ek nog `n student tussen in. Dit is glad nie maklik nie. Was vir so 4 jaar huismamma maar die gogga het my bly byt en vandag is ek so spyt dat ek die gogga nie doodgeslaan het nie. Ek mis soveel van my kinders. My ma was `n tuisbly mamma totdat ek klaar was met matriek, ons het saam begin werk en saam gebly sy is my alles. Sy is verlede jaar oorlede en glo my die verlang elke dag raak al hoe slegter hoe langer dit word. Dan dink ek aan my kinders en dit wat daardie dekselse gogga ons 3 saam ontneem het, ek is jaloers op tuisbly mammas dit is vrek harde werk maar ja dit is baie meer lonend as om in `n kantoor te sit en jou hart is op die rugbyveld of by die kunswedstryd want daar is ook net soveel verlof en aftye wat mens kan vat. Tuisbly mammas ek haal my hoed af vir julle en wil ook sê geniet dit daar is baie van ons wat nie daardie groot voorreg het nie. NieMeerMa eendag as sy haar eie kinders het sal sy besef dat haar ma eintlik baie opgeoffer het sodat sy kan wees waar sy is ons hoop sy word wakker en besef wat sy besig is om te verloor. Sal enige tyd my ma terug wil he.

Biancha ·

Ek is ook n mamma wat by die huis bly ek het ses seuns en glo my dit is baie harde werk maar ek sal dit vir niks ruil nie hulle is wat my deur die dag laat kom hulle is my alles so ja ek weet hoe dit voel maar teen die einde van die aand as ons moet gaan slaap en ek kry my soenne en drukkies dan weet ek job well done for the day dan sien ek weer kans om more op te staan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.