Matrieks, belê in jou toekoms dié skoolvakansie

Argieffoto (Foto: LUM3N, Pixabay)

Die rekord- en eindjaareksamen kruip al hoe nader vir Graad 12’s. Daarom bied Akademia, in samewerking met trotse borge*, die geleentheid aan Afrikaanssprekende matrieks om hulle vakkennis in wiskunde, tegniese wiskunde en Afrikaans op te skerp ter voorbereiding vir hierdie belangrike eksamens. Winterskool 2018 vind landswyd by verskeie Akademia-studiesentrums vanaf 10-13 Julie plaas.

Waarom matrieks Winterskool 2018 moet bywoon:

  1. Winterskool dien as ʼn platform vir matrieks om vrae te vra oor die areas waarin hulle klei trap wat hulle nie noodwendig in klasse sou vra nie. Die verduidelikings van konsepte deur eksterne vakkundiges help om moeilike begrippe en/of metodes makliker onder die knie te kry.
  2. Ekstra voorbereiding help matrieks om ʼn beter punt te behaal. Goeie matriekresultate lyk nie net goed op ʼn CV nie, maar is die sleutel tot verdere studie. Hoëronderwysinstellings gebruik hierdie punte om te bepaal of die voornemende studente aan die minimum toelatingsvereistes voldoen.
  3. Om ʼn paar dae af te staan vir die opskerping van kennis is ʼn belegging in die toekoms. Winterskool duur slegs ʼn dag of twee, afhangend van die sessies wat die leerlinge bywoon. Ná die winterskool is daar nog meer as genoeg tyd om laat te slaap, te rinkink of te rus.
  4. Tyd raak min om vir die rekordeksamen voor te berei. Die wintervakansie val reg in die middel van die voorbereidingstydperk vir dié eksamen. Bywoning van die winterskool gee matrieks ʼn hupstoot wat help dat hulle beter voorbereid is vir die eindeksamen wat voorlê.
  5. Video-opnames van Winterskool 2018 word aan leerlinge, wat bygewoon het, beskikbaar gestel om sodoende klasbesprekings te hersien.

Matrieks het nog kans tot Woensdag, 4 Julie 2018, om hulle plek vir een óf meer van hierdie sessies te bespreek. Besoek https://akademia.ac.za vir meer inligting oor Winterskool 2018.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.