Matrieks: ʼn Paar wenke vir die Afrikaans Huistaal-vraestel

pen-penne-skryfbehoeftes-skool

Foto: Pixabay/Pexels.com

Hier is ‘n paar wenke vir alle matrieks voor Donderdag se Afrikaans Huistaal-vraestel:

1. Jy moet die oggend voor die vraestel ‘n goeie ontbyt eet en die eksamenlokaal met selfvertroue betree, want jy en jou onderwysers het goed voorberei vir die vraestel.

2. Drink vooraf genoeg water sodat jy nie in die warm weer dehidreer nie.

3. Sorg dat jy teen die aand voor die eksamen ‘n oorhoofse kennis van al die afdelings in die taalstrukture en -konvensies het, naamlik: klankleer, spelling, skryftekens, morfologie/woordvorming/woordsoorte, sinsleer/sinsoorte, woordeskat (erfgoed, leengoed, eiegoed), idiome/uitdrukkings/spreekwoorde, afkortings, betekenisleer en figuurlike taal (sinonieme, antonieme, homofone, ensovoorts) en kritiese taalgebruik.

5. Benader die vraestel met ‘n plan:

  • Lees alle tekste baie noukeurig
  • Neem kennis van die opdragwoorde by al die vrae, byvoorbeeld – haal aan met aanhalingstekens, evalueer, gee ‘n voorbeeld, skryf ‘n verduidelikende sin, vergelyk die tekste, skryf ‘n frase neer, en so meer. Onderstreep die opdragwoorde.
  • Gee net die antwoord wat gevra word en presies soos wat dit gevra word.
  • Kyk na die puntetelling en maak seker dat stapelvrae in dieselfde volgorde as die vraag beantwoord word.
  • Benut die volle twee ure tot jou beskikking om die vraestel te beantwoord – elke punt sal bydra tot goeie uitslae!

6. Jou vraestel word saamgestel uit:

  • ‘n Begripsleesstuk (700-800 woorde) en ‘n visuele teks waaraan jy ongeveer 50 minute moet bestee;
  • ‘n Opsomming waar jy sewe kernfeite uit ’n teks van 350 woorde in een paragraaf van 90 woorde moet formuleer. Gebruik ongeveer 30 minute vir dié afdeling.
  • ’n Taalafdeling (Taalstrukture en -konvensies) wat in drie vrae van 10 punte elk opgedeel word. Die vrae word gebaseer op een of twee advertensies, ’n strokiesprent en ’n leesstuk (150-200 woorde). Bestee ongeveer 40 minute aan dié afdeling.

Luister hier na ‘n volledige bespreking van Afrikaans Huistaal-vraestelle (daar is ook ‘n video van 52 minute waar drie gedigte bespreek word).

Dié artikel is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

 

*Bogenoemde inligting is saamgestel deur Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.