My kind moet laerskool toe. Wat nou?

(Foto verskaf)

Dié werklikheid konfronteer elke ouer te gelegenertyd.

Is die laerskool om die hoek my antwoord? Hoe besluit ons waarheen? Die Skrif vereis dat elke ouer sy kind moet opvoed en onderrig in die vrese van die Here. Die keuse gaan grootliks bydra tot die vorming van my kind se menswees; die skool gaan ʼn reusebydrae lewer tot hul waardestelsel en verwysingsraamwerke. So, hoe kies ek dan? Hiermee enkele koersbepalende standpunte.

Die posisie en invloed van die ouer is saakbepalend. Verbondskinders se opvoeding bly die ouer se verantwoordelikheid, nie dié van die staat of enige ander instansie nie. Die eerste antwoord op bogenoemde vraag is daarom: Die skool moet ‘n ouerskool wees. Die ouer se invloed moet rigtingbepalend wees – veral in die skool. Dus: Is die skool wat ek oorweeg ʼn ouerskool?

Tweedens moet gevra word na die taalkwessie – moedertaalonderrig is van uiterste belang op laerskool soos uitgewys deur talle navorsingsprojekte. Die vermoë om komplekse begrippe en denke te bemeester, is substansieel hoër as dit in ʼn kind se moedertaal aangebied word. Voeg hierby dat dit ook reglynig is met die wil van God wat volke met eie tale gewil het.

Derdens word ‘n Christelike skool verkies, naamlik by hierdie skool staan Christus in die sentrum. Die skool is in die diens van Christus waar Sy Woord sentraal is. Sodoende word alle handelinge gedoen met die Bybel as riglyn. Om met skriflesing en gebed te open is nie genoeg om ʼn skool Christelik te hou nie, die inhoud van wat geleer word en die manier van hoe gedoen word, moet deur Christus belig word.

Só ʼn skool is Centurion Christelike Laerskool. ʼn Skool wat 18 jaar gelede begin is met doelgerigte verbondsouers, ʼn paar geroepe onderwysers en ‘n handjievol leerders. Na soveel jare van seën bou ons ouers nog steeds voort op ‘n wonderlike omgewing. CCL is ‘n geregistreerde privaat skool sonder winsbejag. “Ons maak voorsiening vir kinders van gr RR tot Gr 7. Wanneer leerders gr 7 suksesvol voltooi het gaan hulle na enige hoërskool. Terugvoer wat ons van ouers en leerders kry is uitstekend en met die gebalanseerde vormingsjare op ʼn vaste fondasie, presteer hul op alle terreine.”

Vier sake moet nog vermeld word:  

  1. Minimum standaarde vir onderwys word gevolg, deur die staat voorgeskryf. CCL besin hieroor om nie by minimum standaarde te volstaan nie, maar poog om dit eerder te oorskry ter bereiking van ‘n hoër professionele peil. Vir kinders om hul roeping eendag uit te kan leef met hul volle potensiaal, is uitnemende onderrig krities as bousteen.
  2. Privaat skole het bietjie meer vryheid in sake soos die inkleding van die kurrikulum. Die kurrikulum word ook so ontwerp om aan te pas by die karakter en opvoedingsrigting soos hierbo uiteengesit. Sodoende word verseker dat die kindergemoed beskerm word wanneer vreemde en botsende beskouings wat verwarring en vertwyfeling kan veroorsaak, in ʼn veilige omgewing bespreek word uit die Lig van die Skrif. Sterk ankers is nodig om die wêreldse storms daarbuite aan te durf!
  3. Derdens skryf die staat die minimum aantal dae per jaar voor wat klasonderrig gegee moet word. Binne hierdie raamwerk kan CCL dan self vakansiedatums bepaal. Sover moontlik word die onderrig aangepas om dit optimum gerieflik vir ouers en kinders te maak.
  4. Met klein klasse en individuele aandag, kry elke leerling die geleentheid om sy/haar potensiaal te ontdek en te ontwikkel. Selfs in die tye van pandemie, het die klein gefokusde opset gemaak dat die leerlinge akademies ten volle kon voortgaan met ʼn gebalanseerde benadering.

En nou: My kind gaan CCL toe want:

  1. CCL is ‘n ouerskool.
  2. CCL is ‘n moedertaalskool.
  3. CCL is ‘n Christus-sentriese skool.
  4. CCL is klein en veilig met persoonlike aandag

Daar is baie ander dinge wat ouers ook in ag wil neem in die keuse van ʼn skool. Daar word voorsiening gemaak vir buitekurrikulêre aktiwiteite met inagneming van tussenskoolse kompetisies van tyd tot tyd. Die aktiwiteite waaraan ons die leerders gebalanseerd blootstel, is atletiek, netbal, rugby, sokker, skaak, koor en ander kultuuraktiwiteite. Met die klein opset kry almal geleenthede, met die klem op deelname eerder as net ʼn wenmotief.

Ons wil jou uitnooi om deel te word van ons gemeenskap. Die aanslae op ons kinders word feller en met ʼn groter ondersteunende gemeenskap maak ons ons kinders sterker.

Klik hier om Centurion Christelike Skool te kontak of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

Besoek die webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.