ʼn Veranderende wêreld vra vernuwende denke

AP Akademie (Foto verskaf deur die APA)

Werk gaan waarskynlik skaarser wees in die toekoms en dit is daarom belangriker as ooit dat naskoolse opleiding ernstig oorweeg word. Die Afrikaanse Protestantse Akademie (APA) bied uitstekende opsies vir meningsvormende leiers van die toekoms en unieke toerustingsmodelle vir uitdagende omstandighede.

Die einde van Februarie voel soos ʼn leeftyd gelede. Ons kan nie besigheid doen soos vantevore nie, kerk hou soos ons dit ken, of skool of universiteit toe gaan nie. Dit alles lei tot groot onsekerheid oor wat ons te wagte kan wees in die toekoms. Die APA is egter bevoorreg om ook die ironie wat hiermee saamhang, te kan benut.

Die ironie ter sprake is dat met die afsonderingsperiode daar ook ʼn onmiddellike, eksponensiële toename in die invloed van die groot globaliseerder – die kuberruim – op ons lewens is. Die tegnologie word ons meerderheidskontakpunt met die buitewêreld.

Die tegnologie stel ons in staat om op nuwe maniere te werk, en dit stel ons ook in staat om steeds ʼn stroom van wêreldwye idees te volg. Hierin is nuwe geleenthede, maar ook nuwe uitdagings. Ons hoor die uiteenlopende menings van mediese deskundiges en politici, maar word ook gebombardeer met vals nuus, bedenklike raad van ideologies gekondisioneerde akademici en sogenaamde toekomsdeskundiges oor hoe presies ons moet sin maak van die impak van die pandemie en die lewensveranderende omstandighede waarin die wêreld verkeer. Dis juis binne hierdie omraming dat die APA na vore tree met ʼn waardevolle bydrae. In watter opsig?

In dié opsig is die APA reeds gereed om tersiêre opleiding te bied in uitdagende omstandighede soos wat nou heers. Die APA bied reeds ʼn geakkrediteerde afstands-BA-graad asook die gesogte nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS) aan, maar dit is nog maar net die begin.

(Foto verskaf deur die APA)

Die APA wil sy studente toerus om as Christene hulle weg te baan op so ’n wyse dat hulle vaardighede, planne en toegewyde bydraes kan help om anderkant bestaande dooie punte te dink en te doen. Die oogmerk is om hulle sodoende met vaste tred, ten spyte van die onsekerheid wat nog altyd die aard van ons wêreldse bestaan uitmaak, te laat toetree met skeppende denke en dade op die terreine waar hulle betrokke raak.

Die APA streef baie bewustelik daarna om studente te begelei om vanuit ʼn groter aantal invalshoeke na die wêreld en sy probleme te kyk en uiteindelik kreatief en probleemoplossend hierdie uitdagings aan te pak. Die APA trots daarop dat sy span van bewese vakdeskundige dosente met die beste in die land vergelyk kan word en boonop doen die APA dit in Afrikaans as medium van onderrig.

Die instansie bied op hierdie wyse ʼn unieke geleentheid aan studente om werklik diepgaande met idees om te gaan, vanuit ʼn Christelike-organiese benadering en met onderskeidingsvermoë oor die voorveronderstellings wat in wetenskap gaande is. So word hulle begelei om juis nie deur enige stroom van verwarring meegesleur te word nie, maar om vanuit egte ankers die uitdagings tegemoet te tree.

Vir meer inligting besoek gerus die AP Akademie se webtuiste by www.apa.ac.za of skakel 012 344 3960.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.