Nee oom, ek gaan jou nie soen nie!

Foto: boredpanda.com

Foto: Facebook /a Mighty Girl

In die meeste kulture word familie en vriende gesoengroet. Selfs die oom en tannie, wat ons jare laas gesien het, kry ook sommer ʼn klapsoen – dit is mos hoe ons grootgemaak is, of hoe?

ʼn Onlangse plasing op sosiale media hieroor het mense aan die gons en het groot debat ontlok. Die plasing is ʼn foto van ʼn dogtertjie met die woorde: ‘Ek is vyf jaar oud. My liggaam is mý liggaam. Moenie my forseer om jou te soen of druk nie. Ek leer nog van toestemming gee en jou ondersteuning in dié verband, sal my veilig hou vir die res van my lewe.’

Die plasing volg na aanleiding van ʼn artikel deur Katia Hetter van CNN. Dié skrywer en vervaardiger sê sy dwing nie haar sewejarige dogtertjie om mense te soen of druk nie. “Ek dink haar liggaam is haar eie en nie myne nie. Nie haar ouers, ooms en tannies of onderwysers s’n nie. Sy moet mense met respek behandel, maar sy hoef dit nie op ʼn fisiese manier te wys nie,” skryf Katia.

Katia meen só leer ons ons kinders van kleins af enige mens kan nie sommer aan hulle raak nie en dit sal hulle beskerm teen seksuele misbruik.

“Wanneer ons kinders dwing om ongewenste toenadering aan vriende of familie te toon, leer ons hulle eintlik hul liggame behoort nie aan hulle nie, want hulle moes hul eie gevoelens van wat reg voel, opsy sit,” skryf Irene van der Zande, uitvoerende hoof van Kidpower Teenpower Fullpower International, ʼn nie-winsgewende organisasie wat spesialiseer in persoonlike veiligheid.

Maar hoe gemaak as jou kind nie vir ouma of oupa nie wil soen nie? Hoe leer jy jou kind oor grense en veiligheid, sonder om vriende en familie seer te maak? Moet hul gevoelens enigsins in ag geneem word?

Deel gerus jou gevoelens oor dié onderwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

JoAnna van Wyk ·

Ek het vrede met ander mense se opvattings oor of ‘n familielid ‘n ander familielid moet groet met ‘n soen. My kinders besluit vir hulle self of hulle ‘n ander familielid wil soengroet, die wang draai of bladskud. En hulle kon daardie keuse self maak vandat hulle klein is. Ek self groet eerder familie met ‘n drukkie, ek het geen behoefte om snorre, baarde en stink asems te soengroet nie, familie of te nie

Gerda ·

Ek stem volkome saam JoAnna v W. Ek as ouma gee elke kleinkind ‘n hug en soms ‘n soen op die kop.

Braam ·

Daar is ‘n plek en tyd vir alle, en ek glo mens respekteer elke persoon se keuse van groet. Persoonlik het ek dit gehaat om as kleuter Oupa en Ouma te moes soengroet – oupa se lippe was altyd koud en ouma se mond was vol speeksel.

Op skool het ek ‘n vrees vir kiemme ontwikkel, en doen van toe af glad nie meer fisiese groetings nie. Daar is niks fout met ‘n vriendelike “hallo” en niks verder as dit nie.

Mientjie ·

Die storie van “hallo soen” is lankal sommer net nonsens. Al hierdie “sogenaamde tradisies” is geskep en kinders moes daar onder lei. As jy nie ‘n oom of tannie gesoen-groet het nie, het jy nie maniere gehad nie. Suustog, as maniere gemeet moet word aan soengroet, wonder ek wat is die definisie van “maniere” dan nou eintlik. Dis uit pure kleinlikheid dat ander gedwing word om te doen wat uit selfsug uitgedink is. Ek het van kleins af geweier om enigiemand te soen-groet en het my kinders VERBIED om enigiemand te soen-groet. Basta

jo-anli ·

Stem 100% saam met jou. Dis pure nonsens en my kinders het baie goeie maniere.

jo-anli ·

Ek voel vere wat ander dink,my kinders weier van kleins af om ander te soen of druk. Hulle gee handdruk en ek voel dis voldoende. Ek en ons gesin respekteek ander, so respekteer ons ook asseblief. My skoonma het altyd gesê toe toe soengroet jou oom en tannie. Ekt botweg geweier. Hoekom as ek n ordentlik drukkie gee is genoeg. WEier om gedwing te word. Ek sal ook nooit ń ander persoon of kind forseer om my te soen of hand te skud dis hulle volste reg.

A ·

1 Tessalonisense 5:26: “Groet al die medegelowiges met ‘n soen van Christelike broederskap.”

Annika ·

My kinders is dol oor drukkies uitdeel, en dis vir my voldoende. Basta wat die familie dink! My kinders weet ook dat hulle lyfies hulle s’n is en enige iets wat hulle ongemaklik laat voel kom sê hulle dadelik vir my.
‘n Drukkie is anyway minder skadelik as ‘n sopbeksoen. Urgghh, hoe gril ek nou!!

Chris ·

Ek is bly ek vir soengroet. Ek soengroet my ouers nounog. Dit is vir my n wonderlike voorreg om hulle nog te kan hê en nee daar is niks aan hulle wat wil maak dat ek hulle nie wil soengroet nie. Ek was mal oor my ouma en was heerlik om by haar te kon sit en gesels. altyd lekker drukkies gekry en my gesoen. Was so spesiaal vir my. Na al hierdie jare dink ek steeds aan haar liefdevolle aanraking en drukkies. Baie spesiaal.

Lucas ·

Ek stem nogal saam met die antie soen mense se siening. Ek is al in my sestigs en het dit altyd gehad om vrouens te soengroet met lipstiffie van ek baie klein was. En so is ek vandag nog daarom vereenselwig ek my met almal wat nie ou pap bekke wil soen nie en dan wil Oupas en Oumas jou nog soen sonner tanne ok!! JIGGG

dnl ·

Ek beweer dat elke Afrikaanse familie iewers ‘n “Oom Gawie” het… daai Oom sonder enige tande wat altyd wil soengroet… en as hy doen, dan gaan sy papnat lippe so bo-oor joune en trek die spoeg sulke lelle as hy wegtrek.
Dis die Oom wat maak dat jy bid vir ‘n koorsblaar en vandag weier om enige iemand behalwe my hartjie en my hond te soen!

God se Prinses ·

Dit is n baie moeilike onderwerp hierdie. Ja dit kan goed wees en nee dit kan ook nie goed wees nie. n 5 jarige dogterjie verstaan nie die Groot Oom se bybedoelings nie en daarom is ons as ouers baie beskermd oor ons kinders. Dit gee ek vir die ouers wat hul kinders wil beskerm teen daardie monsters wat daar buite rond dwaal.

Ek dink jy kan jou kind groot maak met die doel dat sy/hy kan soengroet wanneer hy/sy gemaklik voel met die oom of tannie. Familie is n ander situasie, daar kan jy self besluit. Jy as ouer het ook n verantwoordelikheid as jy nie gemaklik is met daardie vriende nie, dan vat jy nie jou kinders saam jou nie.

Baie ouers maak die fout en luister nie na hul kinders nie. Ouers moet hul oe begin oop maak en na hul kinders se gedrag oplet want die hartseer saak is dat selfs familie kinders misbruik.

seksuele misdaad word te ligtelik opgevat in SA en behoort hierdie misdade dieselfde as moord opgevat te word!! want jy steel na regte daardie kind of dit nou n seun of dogtertjie is se vreugde van die lewe!!! daarom is daar soveel gemengde paartjies wat die selfde geslag is!

Annatjie Kruger ·

Dit is werklik nie so ‘n moeilike onderwerp nie. En die monsters loop nie altyd net daar buite rond nie, maar is in die meeste gevalle (volgens kenners) in jou familie en vriendekring. So my kinders indien hulle ongemaklik by ‘n groot mens voel moet vry voel om my in te lig (ongeag of dit vriend of familielid is) en ek sal dan die situasie bestudeer sonder om my kind te dwing om in daardie persoon se geselskap te wees. As ek agterkom dat die person onwelvoeglik teenoor my kind optree sal hy/sy nie weer in my huis kom nie, familie. vriend, vreemdeling, maak nie saak nie. Dit is vir my belangriker om ‘n gebalanseerde grootmens van my kind te maak as wat oom, neef, niggie of vriend kwaad is vir my. Ek het die onaangename ervaring met ‘n oom gehad, en sal beslis nie my kinders deur dieselfde situasie sit net sodat Tannie Sannie of Oom Pietie nie kwaad word vir my nie.

Annatjie Kruger ·

Ek stem volkome met Katia Hetter saam. EEN HONDERD PERSENT. As kind het ek die onaangename ervaring gehad van ‘n oom wat aanmekaar sy tong in my mond gedruk het wanneer hy my “soengroet”. Ek was altyd ongemaklik en te bang en skaam om my ouers te vertel. Ek het eers jare later uitgevind dat hy dit ook met my susters gedoen het. Toe ons groot geword het, het ons nog nie geweet van kinderpornografie en seks nie. Die soenery op die mond was wat Afrikaners gedoen het, maar ek het altyd ongemaklik gevoel. Ek het my jare terug reeds voorgeneem dat ek dit aan my kinders sou oorlaat hoe hulle ‘n persoon wil groet. Ek sou van hulle verwag om beleefd te wees, maar as hulle nie wil druk en soen is dit hulle saak. Vandag draai ek my wang as iemand my wil soengroet, maar met vreemdelinge groet ek net beleefd of offer my hand. Ek sou ook my kinders leer om aan my te vertel wanneer hulle ongemaklik voel by ‘n groot mens of indien die groot mens “unapproriately” teenoor hulle optree. So ‘n persoon sou dan uit my kinders se lewens verwyder word. My plig is om my kinders te beskerm en dan te leer om alle mense te respekteer. Einde van storie.

Denise ·

Ek stem 100% saam met die kind se ma ek het ook my kinders so groot gemaak en hulle pas dit tot vandag toe !!!! Baie wyse besluit Katia Hetter !!!

Sarel Strydom ·

Eerstens glimlag ek oor die kommentare onder skuilnaam. Bang familie eien jou? Vandag moet jy hoor die een het ‘n kompleks omdat hy/sy getugtig was wanneer stut was, maar kompleks oor Ouma se soen? Waar is my ouma vandag, die groot lyf en die lekker drukkies. As jy wintersoggende in die kombuis gekom het dan het jy vining Ouma se lyf en drikies opgesoek. ek stem egter saam, kinders het ingeboude sintuie wat inskop. Indien hy/sy wegskram van iemand af is daar rede. Dit leer Kinders egter ook om liefde te betoon, so baie volwassenes weet nie vandag hoe om liefde te betoon nie.

Abie Blaauw ·

Nee wat – op die monde soen, is uit ! Ek het 3 seuns en het hulle van kleintyd af tot nou toe (oudste is 32 en jongste 27) nooit op die mond gesoen of van hulle verwag om iemand op die mond te soengroet nie. Om ‘n man op die mond te soen laat my as man in elk geval gril. Ek soen my vrou en ma van my drie seuns, op die mond en dis al. Sy is gemaklik daarmee. Ons seuns soen haar ook op die wang en nie op die mond nie. Die seuns hou daarvan om my te druk, ja. Veral my midddelste seun gee graag sy Pa ‘n “bear hug” – maar dit is dit. Ons groet mekaar met die hand – warm en stewig om ons blywees om mekaar te sien of ons jammert om van mekaar weg te gaan, te demonstreer.

Ina ·

Ek wil net sê dat ek nounog my wang draai vir ‘n soen, buiten vir my man. Ek het die aakligste ondervinding as klein dogtertjie gehad toe ek die ou ooms moes soen met hulle pap en nat lippe. ek wil sommer nou huil oor die slegte herinneeringe.

Inge ·

Ek stem saam Ina. Ek gril my dood. Ons het so groot familie, ek ken nie eers die helfde van die mense nie. Ek sal se jy kan jou naaste familie soen-groet, as jy wil, maar die res, sorry, ek draai my wang. Ek het ook herinneringe aan pap nat lippe, gril my dood!

Francie ·

Ek stem ook saam, Ek wens ek is so grootgemaak..
Dis na ‘n vieslike oom sy tong in my mond wou sit dat ek my wang begin draai het. Deesdae steek ek vroegtydig my hand uit en sê dan duìdelik dat ek niemand soen nie, net my man kan.

Nickey ·

Ek het nie ‘n saak met oupa en ouma se gevoelens oor hierdie storie nie. Respekteer my kinders se liggame en op daardie manier wen jy hulle respek, asook myne. Liewe genugtig, dat dit in ‘n debat moet ontaard is vir my verregaande. Besef die ouer generasie nie dat hierdie gedwonge soenery en drukkery BYDRA to molestering en verkragting nie???? As jy jou kind dwing om te soengroet, jou kind word gemolesteer en se jou nie daarvan nie, moet dan nie vra hoekom nie. Kinders het wat hulle liggame betref, die VOLSTE reg om gehoor te word! Die dae van “kinders word gesien en nie gehoor nie” moet ASB nou einde kry – hulle veiligheid hang daarvan af ASB!

Wiehan ·

Ek is 53 jaar out en tot vandag toe soengroet ek net my vrou. Ek Hou glad nie van ‘n gesoenery nie. Wanneer ek naby iemand kom wat ek moet groep steel ek my hand baie vinnig uit en wanneer iemand dit ignoreer gee ek gewoonlik ‘n tree terug. Dan kry hulle baie gou die boodskap. Wanneer ons by mense kom sal my vrou ook baie vinnig noem dat ek nie van ‘n soenergy en drukkery hou nie. Ek respecter mense se wen se, so respeteer Myne ook. Ek het my seen groot gemaak met die idee dat altwee Manie re van groep reg is maar dat dit my best uit is om nie te soengroet nie. Ek sien Hy hou ook nie van soenery en drunker nie. Dis sy keuse.

Rene van Wyngaarden ·

My seun wou nooit sy pa se ma soen nie?dan het ouma hom omgekoop met n geldjie tot my grootste verleentheid.Ons is n baie soenerige familie.So vir ons kom dit natuurlik.Weet nie of ons ooit probleme gehad het nie.Ek respekteer kinders wat nie wil soen nie.Ek sal ook nooit eeste toenadering soek nie.Die groetmetode hang regtig van die kind af.Ek sal vriendelik groet en verneem na sy welstand En slegs soen as die kind wi

l

danie ·

Ja kyk as tiener, by troues het ek maar altyd die mooi girls gesoen groet en die lelikes met die hand gegroet. Vir my ooms en tannie het ek net halo gese.

Richard ·

Daar is teveel perverts. So ek stem 100% saam. Soen groet behalwe vir jou vrou/gf is uit.

Ek lag lekker vandag! ·

Bravo – lyk of meeste mense ook teen die aaklige soengroet is. Aan “A” heelwat boontoe – jy haal vinnig aan uit die Skrif, maar daar staan beslis nie WAAR gesoen moet word nie, dus kan dit wang of kop ook wees. Maar verseker so beksoenery is uit en klaar!

Lee ·

My jongste van 11 het van kleins af nie die soen ding gedoen nie. Oumas kry darem ‘n drukkie en oupas ‘n handdruk. Ek het hom nie so geleer nie, maar staan by hom oor sy keuse. Daar was al ‘n paar insidente wat die mense nie baie gelukkig was omdat hy nie ‘n soen of drukkie wou gee nie. Jammer om van hulle te hoor. My kind moet mense groet soos hy wil, solank hy dit ordentlik doen en nie ongeskik is nie.

Satita ·

In ‘n samelewing waar kinders daagliks bloot gestel word aan kinder misbruik het dit belangrik geword dat kinders moet leer van jou spasie en my spasie. Dikwels is die oortreders juis die naaste aan jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.