Neuromites – leer se grootste vyand

Die vooruitgang in die biologiese- en neurowetenskappe het bewys dat ʼn kind se brein en kognitiewe ontwikkeling gevorm word deur hul leerervaring. Die manier hoe ons leer, beïnvloed die brein en die brein se kapasiteit. Tog glo ons steeds verskeie neuromites, soos dat die mens slegs 10% van sy brein gebruik of dat jy met ʼn vooropgestelde leervoorkeur gebore word en dus enige ander metode van leer moeilik sal vind.

Daar bestaan egter professionele raamwerke wat gebaseer is op grondige wetenskaplike bewyse rondom die manier waarop die brein inligting stoor en verwerk wat veral onderwysers en ander opvoeders in staat kan stel om hul skool of leeromgewing meer doeltreffend en innoverend te lei en te verseker dat die kwaliteit van onderrig verbeter – en sodoende leederprestasie aanmoedig.

In Mei vanjaar bied ITSI vir die eerste keer in Afrika ʼn seminaar aan wat fokus op die studie van die brein en geheue ten opsigte van leer en onderrig – “Mind-Brain-Education” (MBE), of aan sommiges beter bekend as opvoedkundige neurowetenskappe of neurodiktatiek. Die tweedag-seminaar vind plaas vanaf 23 tot 24 Mei 2018 by Emperors Palace in Johannesburg en word aangebied as ʼn interaktiewe werkswinkel, gefasiliteer deur die internasionaal erkende skrywers van die boek “Neuroteach: Brain science and the future of education”, Glenn Whitman en Dr. Ian Kelleher.

Volgens Dr. Kelleher verstaan baie onderwysers nie hoe die brein inligting ontvang, dit filtreer, konsolideer en toepas op die kort- sowel as die langtermyn nie. Die boek is geskryf om die probleem wat onderwysers en skoolbesture het om die vooruitgang in die veld van opvoedkundige navorsing rondom die neurowetenskappe in lyn te bring met die wyse waarop hulle skoolhou, hul klas bestuur word en hoe interaksie met die individuele leerder plaasvind, aan te spreek.

Die seminaar is ideaal vir laer- en hoërskoolonderwysers, sowel as tersiêre dosente. Dit fokus op die konsep dat onderwysers die leerder se brein as’t ware vorm. Die aanbieders en kursusmateriaal ondersoek die konsep dat ʼn begrip van die brein – die orgaan wat leer fasiliteer – krities is vir die onderwyser se gereedheid om met leerders te kan werk.

Die seminaar begin met ʼn sessie rondom die onderwyser se ingesteldheid waarna elke persoon wat bywoon, ʼn werkboek en interaktiewe plan ontvang waarmee die konsepte rondom dieper denke en die vermoë om anders te dink, intens bespreek word. Die wanpersepsies rondom leermetodies en -strategieë asook die feite word deurgetrap gedurende die twee dae. Aan die hand van gevallestudies word onderwysers toegerus met nuwe strategieë wat hulle in staat stel om die beste in hulle leerders na vore te bring.

Bespreek jou plek

Die volledige seminaar vanaf 23 tot 24 Mei 2018 by Emperors Palace in Johannesburg kos slegs R1 500 per onderwyser en R2 500 per tersiêre opvoedkundige (bywoning, kursusmateriaal, middagetes en verversings is hierby ingesluit).

Vir meer inligting, om die program te bekom of om plek te bespreek, besoek die webwerf
Stuur ʼn e-pos aan: [email protected]
Of skakel: 012 941 1546

#MBEafrica18

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.