Nóg tien selfdoen-aktiwiteite vir die jongspan

Maroela Media het vroeër reeds tien selfdoen-aktiwiteite vir die jongspan geplaas. Hier is nóg tien oulike idees om jou kinders besig te hou terwyl almal hierdie afsonderingstyd en oor die Paasfees met Jan Tuisbly se karretjie moet ry.

Feetjieklokkies

Feetjieklokkies (Foto: Buzzmills)

Versier takkies met gare, klokkies en krale om te voel asof daar feetjies in jou tuin is wat die klokkies elke nou en dan kom lui.

Kyk hier hoe om dit te maak

Klipstories

Klipstories (Foto: MSN.com)

Vat klipverwery ʼn trappie verder en verf eerder karakters en plekke op die klippe. Wanneer die verf droog is, word dit deel van stories wat kinders self kan opmaak en interpreteer.

Sponsballe

Sponsballe (Foto: Endlessly Inspired)

Kinders kan hierdie sponse nat maak en mekaar daarmee gooi, sonder dat enigiemand sal seerkry.

Kyk hier hoe om dit te maak

Natuurgoggas

Natuurgoggas (Foto: The craft Train)

Jou kinders kan enigiets gebruik wat hulle in die tuin gevind het om ʼn replika te maak van iets wat hulle in die natuur sien.

Kyk hier hoe om dit te maak

Yorigami-paddas

Yorigami-paddas (Foto: Itsy Bitsy Fun)

Hierdie papierpaddas kan regtig spring! Wanneer die paddas klaar gevou is, kan die speeltyd verleng word deur ʼn speletjie daarvan te maak.

Kyk hier hoe om dit te maak

Kinder-karwas

Kinder-karwas (Foto: Mom Endeavors)

Die ou tuinsproeier kry ʼn opgradering met hierdie kindervriendelike karwassery!

Kyk hier hoe om dit te maak

Feetjietuin

Feetjietuin (Foto: goodhousekeeping.com)

Vir jou is dit net blinkers, maar vir hulle is dit magiese feetjiestof! Kikker jou potplante op met blinkers en wag vir die feetjies om uit te kom.

Kyk hier hoe om dit te maak

Swembadwurm-hindernisbaan

Swembadwurm-hindernisbaan (Foto: Raising Dragons)

Jy hoef nie jou swemklere aan te trek om pret met “swembadwurms” te hê nie. Jy kan dit gebruik as ʼn hindernisbaan vir jou kinders om onderdeur te kruip, oor te spring, of op te balanseer.

Kyk hier hoe om dit te maak

Buitemuurse konsert

Buitemuurse konsert (Foto: Fun at home with kids)

Ou kombuisware word omskep in ʼn buitemuurse konsert. Jy kan dié muur binnenshuis ook maak as jy nie tuinspasie het nie.

Kyk hier hoe om dit te maak

Selfdoen-towerstaf

Selfdoen-towerstaf (Foto: Babble Dabble do)

Strooitjies kan gewone borrelblasery in ʼn wetenskapprojek verander. Met oefening kan jy ook driehoekige borrels maak!

Kyk hier hoe om dit te doen

Saamgestel vanaf MSN.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.