Nou: ʼn app vir besige ouers

Die Child Friendly SA (Foto: Verskaf)

ʼn Ouer kan nooit genoeg tyd in sy of haar dag hê nie: Daar is altyd iets soos die vooruitbeplanning vir die skoolvakansie, die soeke na daardie spesiale sakrekenaar wat die onderwyser voorgeskryf het, die gejaag na die waterpolo-wedstryd of tennislesse, die regstaan vir kinderpartytjies en speel-afsprake met vriende.

ʼn Splinternuwe app wat onlangs bekend gestel is en wat Child Friendly SA heet, is spesiaal ontwerp om vir ouers gemaklike en vinnige oplossings te bied vir hul dag-tot-dag takies.

Dr. Charl du Plessis, besturende direkteur van die Child Friendly SA-app, sê dié app bied ʼn gemaklike en vinnige oplossing vir besige ouers om meer uit die dag te put.

“Met bykans 10 000 kindervriendelike dienste en produkte op die stelsel, direk beskikbaar op jou selfoon, kan ouers op vele maniere baat vind by die app. Dié app bied allerhande idees hoe om jou kinders se lewe te verryk en hoe om dit baie meer effektief te doen,” sê hy.

Du Plessis sê Child Friendly SA probeer om alle kreatiewe idees wat daagliks deel vorm van ʼn ouer se lewe na ʼn sentrale punt bring.

“Daar is meer as 200 kategorieë met inligting en dit dek ʼn wye area wat strek van geboorte tot en met die einde van die kind se skooldae. Met die ontwikkeling deur ʼn bekroonde tegniese span, tesame met twee gesoute en hoogsbetrokke ouers as die entrepreneurs agter die inisiatief, werk dié app op ʼn manier wat gewone ouers handig te pas sal kom.”

Buiten vir idees bied die app ook praktiese hulp. “Jy kan direk skakel of e-posse stuur vanaf die app. Jy kan ook met vriende deel, datums op jou selfoonkalender merk, direkte roetes beplan en selfs ʼn Uber roep. Jy kan ook deelneem aan spesiale aanbiedinge en kompetisies. Inligting word altyd aangebied in terme van wat naaste aan jou is, ongeag van waar jy jouself mag bevind.”

Die Child Friendly SA-app is gratis beskikbaar vir iOS en Android.

Vir meer inlgting besoek Child Friendly SA op Facebook.

Die Child Friendly SA (Foto: Verskaf)

Die Child Friendly SA (Foto: Verskaf)

Die Child Friendly SA (Foto: Verskaf)

Die Child Friendly SA (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.