Nuttige skakels vir ouers en onderwysers

Soek jy hulp met take of hersiening, of kom jy inspirasie kort? Het jy raad nodig met lesplanne of wil jy sommer nou al die wonderwêreld van leer speel-speel vir jou kleinding ontsluit? Dan is Afrikaans.com se nuwe Leerafdeling net die plek! Hier kry jy ’n magdom nuttige skakels na leerhulp en -ondersteuning sodat jy en jou kinders groot kan droom.

Wat kry jy alles daar?

Op skool
Hier vind jy skakels na leerhulp, die nuutste apps, interessante artikels en omvangryke bronne sodat jy kan skitter op skool.

Is jy ’n onderwyser of ’n ouer?
Vir onderwysers en ouers is daar ʼn magdom skakels om leer ʼn avontuur te maak. Van lesplanne, tot inspirasie, leerhulp, tuisonderrig, studie-opsies, beurse en studielenings… Droom groot saam met jou kind en ondersoek ʼn rykdom van bronne.

Voorskools
Hier ontsluit ons die wêreld van lekker leer vir jou kleuter en leer jou kleinding speel-speel met nuttige apps, die beste opvoedkundige materiaal in woord en beeld en kundige ondersteuning op elke gebied.

Na skool
Droom groot: Ons vertel jou van studierigtings, ’n verskeidenheid van tersiêre instellings hier en oorsee, beurse, studielenings en werksgeleenthede… hoe om jou eerste CV saam te stel… Kortom, hier ontdek jy ʼn nuwe wêreld op jou reis na sukses.

Besoek “Lekker leer” sommer nou en klik op die afdeling van jou keuse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peanut ·

Dankie sal bietjie gaan loer. Wat ek we’ll voor wens dat ons in Afrikaans goeie wiskunde en wetenskap videos kan kry op die Web

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.