Omroeper Su-ann het ‘n paar goeie wenke vir matrieks

Omroeper Su-an Müller-Marais (skermgreep uit die video)

Omroeper Su-ann Müller-Marais van Groot FM het ‘n paar wenke vir die matrieks van 2018: om te ontspan, om die eksamen te geniet en om strategies te werk.

Geen struikelblok is te groot om te oorkom nie. Berei jouself goed voor en die res sal alles in plek val. Kennis is mag, sorg dus dat jy jouself toerus vir die toekoms en altyd ‘n student bly. Jou matriekvakansie loer vir jou!

Sy het nog ‘n hele paar ander handige wenke in dié videoboodskap.

Dié video is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tania ·

Dankie Su-An! Lekker praktiese, goeie raad!! Leer om te verstaan…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.