Oorbruggingsklas bring hoop vir leerders

 Arcadia-1.jpeg

Foto verskaf deur Impak Onderwys

[promosie-artikel]

Deur Danielle Barfoot

Hoewel dit dikwels maklik is om kinders te identifiseer wat ʼn akademiese agterstand het, is dit nie altyd moontlik om hul individuele leerbehoeftes te hanteer nie. Baie skole het eenvoudig nie die personeel of hulpbronne om in te gryp en sukkelende leerders te help om ʼn graad suksesvol te voltooi nie.

Arcadia Primary in Pretoria ervaar ook dié probleem. Soos in die meeste ander openbare skole, is daar leerders wat ʼn hoër risiko vir akademiese agterstand het weens ontwikkelingsvertraging of spesiale leerbehoeftes, of as gevolg van hul sosio-ekonomiese omstandighede.

“As skool wou ons bitter graag hierdie kwessies oplos en ons leerders help. Ons het besluit om ʼn buigsamer benadering tot onderrig te probeer, wat gelei het tot die bekendstelling van ʼn oorbruggingsklas aan die begin van 2016,” verduidelik Annetjie Dombai, ʼn onderwyseres by Arcadia Primary.

Die doel van dié klas is om die skool se hoë risiko-leerders te help om werk te maak van enige leerprobleme en om hulle in staat te stel om akademies op die standaard te bereik van ʼn hoofstroomskoolomgewing.

Arcadia-3.jpeg

Foto verskaf deur Impak Onderwys

As deel van die loodsprojek, het onderwysers 20 leerders (tussen graad 2 en 6), wat uitdagings ervaar en wat kan baat by buigsamer leerervaring wat hul aan unieke behoeftes voldoen, geïdentifiseer. Met slegs een onderwyseres en een assistent wat die projek dryf, moes die skool egter verseker dit wend die regte hulpbronne aan om die beoogde uitkomste vir dié leerders te bereik.

Na sorgvuldige oorweging het Arcadia Primary op Impak se kurrikulum besluit. “Impak se program was vanjaar ʼn seën vir ons span, omdat dit die administratiewe las aansienlik verlig het. Dit het ons in staat gestel om meer praktiese tyd saam met die leerders deur te bring,” verduidelik Dombai. “Die kurrikulum het ook besonder goed gewerk vir ons leerders. Dit is nie net gebruikersvriendelik nie, maar het veral gehelp om waardevolle vaardighede, soos selfstudie te bevorder en het leerders aangemoedig om navorsing te doen.”

Hoewel die ouderdom-/graadgebaseerde benadering tot opvoeding, waar onderwysers leerders volgens jaarvlak-verwagtinge assesseer, diep gevestig is, het Arcadia Primary ongelooflike sukses met hul multigraad-oorbruggingsklas bereik.

“Al ons leerders voltooi die volledige kurrikulum (alle vakke) vir hul graad en vlak, maar in ʼn gemengde klaskamer. Ons het gevind hierdie benadering bied verskeie geleenthede vir remediërende onderrig, asook verryking vir alle leerders. Dit het tot uitsonderlike uitkomste gelei, met leerders wat weer vol selfvertroue en gemotiveerd is om selfs beter uitslae te behaal*.”

 Arcadia-2.jpeg

Foto verskaf deur Impak Onderwys

“Die gehalte van leermateriaal is nou verbind met die standaard van onderrig en die koers van opvoedkundige prestasie. Daarom roem ons onsself op die sorgsame ontwikkeling en gehalte van ons produkte,” sê Stefan Botha, HUB van Impak, ʼn kurrikulum- en diensverskaffer aan skole en tutors. “Ons is baie gelukkig dat ons kurrikulum Arcadia Primary kon help om hul leerders te ondersteun om uitdagings baas te raak en beter te presteer.”

Aangesien die klas so suksesvol was, beoog Arcadia Primary om ʼn tweede oorbruggingsklas te skep in 2017. “Ons is baie dankbaar vir die wonderlike hulpmiddel wat Impak aan ons gegee het om ons leerders mee te bemagtig en ons is opgewonde oor die vooruitsig dat ons volgende jaar selfs meer leerders sal kan ondersteun! Impak se kurrikulum maak ongetwyfeld ʼn positiewe verskil in die lewens en toekoms van ons leerders en onderwysers.”

*Sodra leerders die geskikte vlak vir hul graad en ouderdom bereik en hul uitslae wys hulle is gereed, sluit hulle weer by hoofstroomklasse aan.

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.