Oorweeg dié oorbruggingsjaar ná matriek

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

As iemand jou op sewejarige ouderdom gevra het wat wil jy word as jy groot is, was jou antwoord tien teen een ʼn polisieman, brandweerman, ʼn Springbok-rugbyspeler of ʼn ballerina. Tydens jou skoolloopbaan is jy aan meer keuses blootgestel soos fisioterapeut, veearts, bioloog en talle meer.  Noudat daar meer keuses is, maak dit jou besluit meer ingewikkeld.

Indien jy in die bevoorregte posisie is om na skool te gaan studeer, is dit ʼn besluit wat jy ernstig moet opneem. Om direk na skool te gaan studeer, omdat ‘almal gaan swot’, is nie die regte besluit nie. Meer as 50% studente skop hul studies op tydens hul eerste jaar.

Hoe besluit jy? Hoe weet jy watter beroep om te kies op 18-jarige ouderdom? Jy leer eers jouself ken, waarvoor jy lief is en wat jou belangstellings is. By Mooikrans kan hulle jou hiermee help.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

In 2017 sal dit die vyfde jaar wees wat die Post Matriek Jaar op Mooikrans Equus aangebied word. Die wonderlike uitkomste wat die afgelope vier jaar bereik is, dien as motivering om met nog meer vertroue hierdie geleentheid vir die post-matrikulant aan te bied waar hy/sy verskeie vaardighede – fisies en emosioneel – aanleer en om hom/haar in die proses voor te berei om meer ingeligte besluite te neem oor die toekoms.

Ons het besef daar is ʼn dringende behoefte aan ʼn Christelik-georiënteerde oorbruggingsjaar as alternatief vir ʼn doellose verwyl van ʼn jaar. Mooikrans skep ʼn positiewe klimaat waar jongmense in ʼn veilige omgewing vaardighede aanleer om ʼn suksesvolle toekoms te beplan.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Robert Bergman* se ouers het hom by ʼn universiteit ingeskryf, alle gelde betaal en ʼn lieflike woonstel binne stapafstand vir hom bekom.  Hy het matriek goed deurgekom en sy ouers was gerus. Hy was egter nie gereed vir die eise van universiteitstudies en om op sy eie reg te kom nie. Alles het binne weke vir hom ʼn bedreiging geword en hy het later slegs sy woonstel verlaat om wegneemetes te gaan koop. As tydverdryf het hy rekenaarspeletjies gespeel. Eers in Mei van daardie jaar het die universiteit sy ouers gekontak met die ‘vreemde’ nuus dat hul seun nie sy klasse bywoon nie en nie eksamen mag skryf nie. 

Hulle het hom gaan haal en reëlings getref dat hy hom by Mooikrans aansluit. Hy was ontredderd, skaam, sonder selfvertroue en sonder enige woorde. Mettertyd het hy ontdooi, take opgeneem, begin perdry en begin leiding neem met die opvoedkundige kampe wat deur Mooikrans aangebied word. In ʼn veilige omgewing en met die ondersteuning van die personeel van Mooikrans, kon hy begin waag, uitdagings aanpak en uitkomste bereik wat homself verras het.

Sy verblyf op Mooikrans was uiters suksesvol. Die skaam jong seun het verander in ʼn geliefde, selfstandige jong man met genoeg selfvertroue om sy toekoms aan te pak. Hy werk tans in Amerika, ʼn aanstelling wat hy geheel en al op eie stoom bekom het.Oorbruggingsjaar (1)

Tydens die jaar verwerf jy:

  • ʼn SAQA-geakkrediteerde sertifikaat in Personal Excellence and Leadership, wat by die Services SETA geregistreer is op NQF Vlak 4 vir 12 krediete.
  • ʼn Senior perdemeester-sertifikaat van die Mooikrans Equus Ruiterskap-kursusse in Perdgerigte Ruiterskap (Natural Horsemanship) en Western Riding.
  • Noodhulp vlak 1, 2 en 3.

Verdere areas waarin jou kennis sal verbreed:

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

  • Entrepreneurskap
  • Beplanning
  • Rekordhouding
  • Finansiële aspekte
  • Bemarking
  • Kommunikasie
  • Werksetiek
  • Tydbestuur
  • Leierskapsontwikkeling

“Maak gereed vir die jaar van jou lewe! Die tyd het aangebreek om te besin oor jou toekoms, laat ons jou die koers gee tydens jou opwindende avontuur,” verduidelik Mooikrans.

Vir meer inligting stuur ʼn e-pos aan [email protected] of besoek ons webblad: www.mooikrans.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kaufman ·

Klink goed. Ek hoop julle lê veral baie sterk klem op leierskap, entrepreneurskap, finansies en bemarking want alle jongmense moet dit he. Etiek…wel, daarvan is daar nie in hierdie land se sakewereld plek nie soos ons dit uit die ou dae kan nie, so pas dit aan om straatwys te wees, hoe om te weet as ander jou wil uitvang en hoe om dit te hanteer, want dit is wag die realiteit is. Voeg ook stats en tegnologie by die lysie dan sal hulle reg wees vir die nuwe wereld.

Santjie stoof ·

Dankie vir dié stukkie inligting.
Ek het 3 k.kinders en sal bietjie oplees en dophou

Elna ·

Baie dankie vir hierdie aanbevelings. Ons sal beslis daaroor besin.
Elna Wahl

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.