Opwindende veldskool vir tiener-stadsboere aangebied

Berchtesgaden (Foto verskaf)

As jy tussen 14 en 16 jaar oud is (graad 8 – 10) en die bosveld jou hart warm laat klop is dié veldskool net vir jou.

Berchtesgaden is ʼn luukse jagplaas met ʼn oorvloed van wild geleë in die Vaalwater-omgewing, sowat twee ure buite Pretoria. Wanneer die bos jou roep is Berchtesgaden dié plek om te besoek. Nie net is die naam van dié plaas uniek nie, ook die gasheer en -vrou is twee besonderse mense wat jou van die eerste oomblik af laat welkom voel. Johannes en Anneke Kleinhans het ʼn unieke oase in die Bosveld kom skep.

Van die luukse chalets, luukse tente wat sopas voltooi is tot ʼn boskamp waar jy kan blad skud met die wild wat verby loop, is Berchtesgaden die ideale wegbreek vir enige stadsjapie.

Buiten die jagplaas wat soveel bied is daar die boerplaas waar daar gebóér word. Verskeie aktiwiteite en doendinge op albei plase sal enige besoeker weke lank kan besig hou en seker maak dat jy heeltemal van die betonoerwoud vergeet!

Johannes sê reën het vroeg vanjaar reeds begin val en die Bosveld is besig om lowergroen te word! “Bring die familie en vriende en kom kuier gerus – die Bosveld is reeds so vroeg as September groen en gaan vanjaar ʼn lushof wees!”

Jong Stadsboer Veldskool

Berchtesgaden (Foto verskaf)

Berchtesgaden se Jong Stadsboer Veldskool waar skoliere, van graad 8 tot graad 10, in die luukse chalets en bungalow-tente tuisgaan terwyl hulle bedags alles van boerplaas- en jagplaasbedrywighede leer, is ʼn moet vir enige kind wat die veld, diere, plaas en natuur koester.

Berchtesgaden is ʼn lewenstyl-boerplaas en hierdie veldskool is ʼn ervaring wat jy nie kan oorvertel nie, dit is iets wat jy self moet kom ervaar.

Die Jong Stadsboer Veldskool word vanjaar tussen 25 Oktober 2020 en 31 Oktober 2020 aangebied.

Tydens boerplaasbedrywighede kan jy uitsien na die voer en hantering van melkbeeste en kalwers, skape en lammers, hoenders, varke en perde. (Oral waar dit moontlik is, sal jy prakties mag betrokke raak.)

Jy kan ook uitsien na skyf- en boogskietaktiwiteite, hoe om onkruid te identifiseer en dit te bekamp, perderitte (hantering en versorging van perde) en knopekuns.

Tydens jagplaasbedrywighede gaan jy die bosveld saam met veldgidse besoek. Beseerde wild of wild wat aandag nodig het en verskillende wildspesies sal geïdentifiseer word. Jy gaan ook meer leer oor spoorsny en die identifisering van wild- en roofdiere.

Het jy geweet? Onkruid-identifisering en bekamping werk hier anders as op die boerplaas.

Jy gaan ook meer leer oor die instandhouding van paaie (en die belangrikheid daarvan), hoe om bosveldplante en -bome uit te ken, hoekom beheerde brande belangrik is en ongeoorloofde brande nadelig is.

Maak jouself ook gereed vir ʼn roetemars, hoe om nagdiere te identifiseer (met ʼn naguitstappie na die voerarea!) en hoe om diere en wild kos te gee.

Om die Bos TV behels natuurlik houtmaak en stokbrood en verskeie ander tradisionele disse soos op ʼn bosveldplaas hoort!

Tydens die nagmars gaan jy sterre en die hemelruim kan identifiseer en dit aanskou in alle helderheid, iets wat jy nie in die stad raaksien nie.

ʼn Basiese noodhulpkursus en perdry onder leiding van ʼn kundige persoon is ook ingesluit.

Wie weet, jy word dalk as die Jong Stadsboer Veldskool-wenner aangewys!

Jong Stadsboer Veldskool
25 Oktober 2020 – 31 Oktober 2020
Slegs R3 000 per kind vir sewe dae

Hierby ingesluit is:

  • Bogemiddelde verblyf (vier of vyf in luukse en suite-chales of in luukse bungalow-tente)
  • Drie etes per dag
  • Streng sekuriteit en veiligheidsbewuste personeel
  • ʼn Ondervinding en leerarea wat slegs met die praktiese meelewing op die plaas ervaar kan word.

Berchtesgaden (Foto verskaf)

Vir ontspanning tussendeur kan jy deelneem aan vlugbal, daar is ʼn reuseskaakblad, ʼn “chipping green” en ʼn swembad.

Daar is ook ʼn bykomende kursus vir R200 beskikbaar: Slaap ʼn nag uit in die veld en neem deel aan verskeie aktiwiteite. Hier sal die student die geleentheid hê om mee te maak in ʼn jag en wat daarmee gepaardgaan. Die bok wat gejag word sal deur die studente na ʼn boskamp gedra word waar hulle vir die nag in hulle eie tent sal oornag. Studente sal self verantwoordelik wees vir kos uit die natuur, vuurmaak sonder vuurhoutjies, koffiemaak op ʼn oop vlam en vele meer baie spesiale aktiwiteite.

Dit is voorwaar ʼn ondervinding wat min mense vandag kans kry om te beleef!

Klik hier vir meer besonderhede (soos wat jy moet saambring) en om die inskrywingsvorm te voltooi.

Vir meer inligting besoek:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.