Panyaza Lesufi bevestig alle kommer rondom wysiging van skolewet

panyaza lesufi

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Deur Morné Malan

Op watter punt skakel potensiële kommer oor na werklike kommer? Die jongste wysigingswetsontwerp bevat verskeie potensieel kommerwekkende klousules waarin die mag van beheerliggame, ouers en personeel tot ʼn groot mate deur die staat oorgeneem sal word. Uit die aard van die saak was dit reeds genoeg gewees om meeste mense die skrik op die lyf te jaag. Tog was daar ander wat gewonder het of die kommer nie dalk effens oordrewe is nie: die wet gee wel vir die departement van basiese onderrig en die minister die mag om besluite te neem rondom personeelaanstellings, toelating van leerlinge en die samestelling van klasse, sowel as die taalbeleid. Maar dit beteken nie noodwendig dat hulle die verkeerde besluite sal neem in dié verband nie.

Die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het egter ʼn einde gebring aan al die spekulasie rondom die regering se planne ter aanwending van hul magte ingevolge die voorgestelde wysigingswet. Op 2 November, tydens ʼn radio-onderhoud met Eusebius Mckaiser op Radio 702, ontbloot Lesufi die gedagtegang waarin die departement verkeer. Hierin verduidelik Lesufi onder meer dat:

  • hy meen alle skole se taalbeleide aangepas moet word om ten minste drie tale in te sluit;
  • tuisskoolonderrig nie toegelaat behoort te word nie;
  • klaskamers vergroot moet word om tussen 60-70 leerlinge per klas in te pas;
  • aanstellings beheer moet word sodat die beste onderwysers outomaties by informele nedersettings geplaas word; en
  • kurrikula aangepas moet word om meer van die land se apartheidsgeskiedenis in te sluit.

Die potensiële kommer is dus omgeskakel na wesenlike kommer vir diegene wat besorg is oor die taal waarin hul kinders onderrig ontvang, die grootte van die klaskamers waarin hul kinders sit, die onderwysers wat die klasse aanbied en feitlik enige ánder aspek van onderrig. Dieselfde geld natuurlik vir onderwysers in dié verband.

Ons hoef nie te wonder wat die uitwerking van hierdie wet op alle openbare skole nie sal wees. Sou die wysigingswetsontwerp in werking tree, is die bedoelinge van die departement aan ons almal bekend.

  • Suid-Afrikaners het net tot Vrydag 10 November om kommentaar op die wysigings lewer. Enigiemand wat kommentaar wil lewer, maar onseker is waarheen dit gestuur moet word, kan van Solidariteit se gebruikersvriendelike kommentaarplatform gebruik maak by die #VIRskole-platform. Elkeen se kommentaar sal afsonderlik aan al die korrekte partye aangestuur.
  • Morné Malan is ʼn navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johanna Botha ·

Hy gaan die verkeerde besluit neem ons het dit mos al baie gesien hoe hy iets wil regmaak wat nie gebreek is nie en baie beter presteer as die res !

Basson ·

Dis nie sy doel Johanna, om iets ‘reg te maak’, soos gesien uit ons paradigma.
Sy doel as ‘n politieke amptenaar (en nie as onderwyskundige) is om totalitere beheer te verkry a la Lenin, punt.
Standaarde, ‘eenheid in diversiteit’ ens is ver sekonder tot die NDR se doelwite. Eers as alles beheer word, en ons almal (die ANC) se slawe is, het hy iets ‘reggekry’ gemeet aan daardie uitkoms.

Popeye ·

Slegs een punt wil ek graag aanraak hoewel Lesufi se ander punte my almal naar maak. Veronderstel die plan is in werking en ek is een van die beste onderwysers. Die stelsel vereis nou dat ek her-ontplooi moet word na ‘n informele nedersetting. Eish, ek gaan mos vandag begin werk daaraan om een van die “is -maar-net-daar- onderwysers” te wees. Dan hoef my lewe nie ontwrig te word om herontplooi te word nie. Hierdie plannetjie gaan beslis uitnemendheid ondermyn. Swak soos alles waaraan die ANC raak.

Action Jackson ·

I say, I pay………..you say, YOU pay. Maklik soos dit…. Ouers betaal van Gr 8 – Gr 12 meer as ‘n R100 000,00 vir ‘n matrieksertifikaat, né? Nou doen jou kind met AGT onderskeidings aansoek by ‘n Mediese Fakulteit…en word nie toegelaat nie. Jou belasting befonds die “No Fee Schools” waar ‘n swart kind matriek slag met EEN onderskeiding………en by dieselfde Mediese Fakulteit toegelaat waar jou kind weggewys is. Laat die staat AL die skole oorneem……en een enorme flater daarvan maak. Ons sal regkom op ‘n ander plek…

Rooi Jan ·

As ek die geld gehad het om te belê het ek nou belê in een van die maatskappye wat privaat skole bedryf.

RB ·

Hierdie moet gestop word! Privaat skole gaan nie ‘n uitweg wees nie…hulle sal net volgende geteiken word.

Gegewe wat ons reeds weet van die ANC se doen en late sou dit uiters dwaas wees om enigsins te dink dat hul hierdie doen ten goede van skoliere. 60-70 in ‘n klas? Kan net sowel dan ‘n onderwyser uitsaai oor die tv.

Frans C ·

Die man se onkunde blyk duidelik uit dat hy reken 60 tot 70 kinders in een klaskamer is die oplossing!

Mercia ·

Dis onmoontlik dat een onderwyser vir soveel kinders in n klas aan almal die selfde aandag kan gee

Rupert Ashford ·

Ons hoef nie te wonder nie. Ons het mos gesien hoe hulle “regte besluite” geneem is mbt die universiteite, en die ergste kom nog vir die tersiere sektor.

Eish ·

Absurd, gedoem, jammerlike treurmare.
Ongelooflik dat ons so in n hok van agteruitgang ingewing word.
Tuisonderrig afskaf?
Privaatskole in die net intrek?
Eish! Jul krap die Afrikaner waar hy nie jeuk nie.
Stel vir ons die voorbeeld en gaan bly tussen jul mense in jul kiesafdeling en nie in die rykmanswoonbuurte nie.
Met alle respek, mag die beleid onregeerbaar gemaak word, frustreer die department mateloos.
Gee hul gas Johanna!

Dan ·

So selfs tuisskool-onderrig sal nie toegelaat word nie … mense sal dus gedwing word om hul kinders in die skole te plaas wat deur die kommuniste regeer word.

Penelope ·

Ai tog, nou gan die “LUR van verwoesting” aan waar Butternut en Rooi-Rissiepit ophou.
Jy kan nie eers met 2 van hulle klashou nie, wat nog van 70.
Nou krap julle met ons kinders se opvoeding en onderwysers se beroepe. Ons sal maar tuisonderrig moet gebruik. Hoekom ons standaarde laat val om by julle in te skakel.
Jy is nie heeltemal reg in die boonste verdieping nie…. Load shedding!!

RB ·

Hi Penelope, tuisonderrig word ook geteiken. Daar is nie ‘n ander uitweg as om te baklei of te aanvaar nie. Hulle sorg daarvoor.

margaretha norton ·

Waar gaan dit eindig my seun wat Gr 1 is word nou gedruk in die 4de kwartaal om n 3de taal aan te leer!!!! En as ons as ouer nie meer tug mag toe dien nie hoe gaan n juf met 60-70 kinders in n klas hulle kan beheer? Dit gaan maak dat al die kids druip en so dan volgende jaar nie n plek sal he nie wand die gr1 en gr8 moet aanlyn aansoek doen vir plek in die staat se keuse van skool ! Dit gaan seker nog iewers vir die ander grade ook in werking tree. Wat het geword van die kinder regte wat se hulle het die reg tot gratis onderwys ? Bou meer skole so skep dit werk en kinder kan skool gaan!

Bekommerde ma ·

Ek sien die sluitingsdatum is vandag! Ek het al op die platform kommentaar gelewer, maar ek glo daar is nog baie wat nie die erns besef nie. Stuur asb. die skakel in die artikel aan julle vriende!

Koos ·

Ek voel bitter jammer. ‘n Skool as meer as net ‘n leerplek, dis ‘n plek waar ‘n mens geleer word om ‘n mens te wees – ‘n plek van waardes and tradisies. Hierdie is ‘n direkte aanval op die Afrikaner en sy kultuur. Maar soos die tyd ons geleer het, die Afrikaner is ‘n taai kalant wat altyd een of ander plan maak. Ons sal, soos talle kere in die geskiedenis, nie hierdeur onder gekry word nie. My kinders kan gelukkig terugkyk op hulle skool loopbane met goeie herinneringe – ek is jammer vir die kinders wat ‘n langer pad het om te loop.

JP ·

In 23 jaar kon hulle, na al wat hulpbron gekanaliseer is na skole in minder bevoorregde areas, dit nie regkry om met al hulle slimgytte die leerders te lig na wat die samelewing vereis van ‘n matrikulant nie.

Daar is agtergekom dat hulle nie die speelveld kan gelyk maak net deur die standaard van die kurrikulum te verlaag nie. Dit het vir hulle duidelik geword die voorloper in die wedloop moet gepootjie word.

Die nuwe plan is nie om leerders in sukkelende areas in goeie skole in te kry en op die rug van gevestigde beginsels die massas te probeer oplig nie. Alles, ALLES wat hulle in die wetsontwerp gooi is gemik daarop om skoliere in gevestigde skole so te ontwrig en te benadeel dat almal op dieselfde (lae) vlak van onderwys onderrig word. Dit is indien daar in so deurmekaar spul nog iets van skoolgaan kan wees.

Tuis opvoeding onwettig verklaar…. My hemel, dit is die jaar 2017 maar soos mense ‘n paar honderd jaar gelede Afrikaans, en mense ‘n paar 1000 jaar voor dit Godsdiens in die geheim moes beoefen, sal ons ons kinders maar in die geheim moet opvoed.

Maak dit onwettig! Dwing die mense om deur harder werk nogsteeds bo uit te kom. Dit maak die oorwinning soveel beter.

Wil net ook weet, gaan hulle dit onwettig verklaar as onderwysers skool verlaat en privaat klasse gee?

DewaldS ·

Op watter stadium erken ‘n belastingbetaler aan homself dat hy eintlik aandadig is aan die kriminaliteit wat met sy geld gepleeg word?

Schalk ·

Die goverment wil nou hê die slaag syfer moet nog meer daal deur soveel kinders in ‘n klas te sit. Met die stand van sake sukkel die onderwysers al klaar om onderrig te gee vir 25 of 30 kinders omrede helfde van die kinders ongemanierd is en almal ontwrig. Ek stel voor los alles soos dit is en werk aan die onbekwaamde onderwysers in rurial areas omrede hulle sukkel met basiese graad 4 werk moenie julle probleem rond skyf nie.

Johann ·

Dis nog net n manier om van Afrikaans ontslae te raak. Doen tuis onderrig, hulle kan dit nie stop nie.

Boeta ·

Oplossing! Ons kinders moet maar demone in die klaskamer word en in die midae in groeps verband tuis onderrig ontvang deur gewillige goeie onderwysers. Natuurlik is daar nie n kwessie van skoolfonds betaal nie. Die geld kan gebruik word om die buitemuurse leerkragte te betaal. Goeie onderwysers gaan regtig nie verhuis om in “agtergeblewe areas” te gaan woon of klas te gee nie.

Lesufi Barends ·

*klaskamers vergroot moet word.
Regstelling: Klaskamers moet nie afgebrand word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.