Prakties gesproke is tuisonderrig maklik

Leerders wat deelgeneem het aan Pro Arte Alphen Park se sjefkompetisie in 2015. Foto: Verskaf.

Benjamin Franklin het gesê: “Vertel my en ek vergeet. Wys my en ek onthou. Maak my betrokke en ek leer”. Sy woorde beklemtoon die idee dat ons leer deur prakties take uit te voer. Sommige tuisonderrigleerders skroom egter weg van vakke soos dramatiese kunste, landbouwetenskappe, en gasvryheidstudies omdat hulle bekommerd is dat hulle nie die praktiese elemente tuis sal kan voltooi nie. Maar dit behoort nie die geval te wees nie.

Marietjie Smit, die hoofonderwysspesialis in dienstevakke en tegnologie by Impaq, gee ʼn paar wenke vir hoe tuisonderrigleerders maklik praktiese vakke kan voltooi.

  1. Wees ingelig. Maak seker dat jy ingelig is oor die hoeveelheid praktiese take wat in die akademiese jaar voltooi moet word en dat jy die take volledig klaarmaak.
  2. Vind die regte assessor. Baie kurrikulumverskaffers, soos Impaq, reël assesseringsgeleenthede vir tuisonderrigleerders reg deur die jaar. Leerders kan ook self die assessering vir die praktiese assesseringstake (Pat) reël. Die leerder moet ʼn geskikte persoon (ʼn onderwyser met ondervinding in die toepaslike vak) vind en dan deur die kurrikulumverskaffer aansoek doen om die persoon te gebruik. Indien die persoon aan die vereistes voldoen, sal die assessor goedgekeur word en die leerder kan dan die assessering op sy eie tyd voltooi.
  3. Bestuur jou tyd reg. Dit is uiters belangrik om seker te maak dat jy weet wanneer elke praktiese taak voltooi moet word sodat jy die punte voor die sluitingsdatum kan inhandig.
  4. Kry meer ervaring en blootstelling. Werk soveel ure as moontlik by verskeie organisasies vir ondervinding, byvoorbeeld gasvryheidstudies-leerders kan by verskillende restaurante werk en landboubestuurspraktyke-leerders kan met boere in hul omgewing reël om op hul plase ondervinding op te doen.
  5. Doen navorsing. Vir praktiese vakke is dit uiters belangrik om navorsing te doen oor die nuutste praktyke. Gebruik die internet, TV-kanale, koerante en ander betroubare bronne om inligting oor ʼn spesifieke vak of onderwerp te bekom.
  6. Oefen jou vaardighede. Skakel by skole of tutorsentrums (privaat onderrigsentrums) in jou area in wat kompetisies of byeenkomste reël om jou nuut aangeleerde vaardighede te oefen.
Bakery Co.

Armand en Juan het in 2017 matriek geskryf en het vroeër vanjaar hul eie onderneming, Bakery Co. in Polokwane oopgemaak. Foto: Verskaf.

Twee tuisonderrigleerders, Armand en Juan Potgieter, het in 2015 namens Breinboelies, ʼn tutorsentrum wat van Impaq se produkte en dienste gebruik maak, aan ʼn sjefkompetisie deelgeneem om hul vaardighede te toets.

“Dit was die eerste keer wat ons in ʼn kommersiële kombuis gekook het en ons het ook vriende met die kompetisie bygekry wat baie, baie nice was.”

Die tweeling sê dat dit vir hulle maklik was om ʼn praktiese vak soos gasvryheidstudies tuis te voltooi: “Dit was lekkerder want ons kon in die gemak van ons eie kombuis bak”.

Armand en Juan het in 2017 matriek geskryf en het vroeër vanjaar hul eie onderneming, Bakery Co. in Polokwane oopgemaak waar hulle unieke koeke, kolwyntjies en makrolletjies bedien. Hulle dien as goeie bewyse dat praktiese vakke wel suksesvol kan wees deur tuisonderrig en dat dit werksgeleenthede vir leerders kan skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

henry ·

Dis natuurlik baie maklik as jy metfinansiele hulp en ondersteuning van ouers en familie wel vir jou ‘n onderneming kan begin. Meeste van ons was maar gelos en moes maar spartel net om ‘n maaltyd in te kry vandat ons deelwerk kon kry by shoprite om sakkies te pak, om nie te praat van veilige lewensomstandighede, vervoer of liefde nie. Dit is belangriker om vir jou kinders stabiliteit en veilige lewens omstandighede te gee as om geld in ‘n skool se rekening in te betaal, maar die kind moet baie skaam etenstye by vriende se huise op daag om ‘n maaltyd in te kry.

Charmaine de Wet ·

This is a nice article to advertise impaq and cottage schools. Impaq is not the only one offering a way to get practicals done though. Also a impaq centre, or any place offering a homeschool curriculum to more than one child is not homeschooling or home education. Homeschooling or home education is legally defined as a child recieving education at their own residance by their parent or gaurdian (refer to the Schools Act). Impaq centres are tutor centres or cottage schools but are not homeschools. Please fix the wording in the article so that it is legally correct. Well done to those kids for pushing through and getting their practicals done.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.