Pretfees vir hele gesin én Kansa

Jakkie Louw: Een van die kunstenaars wat gaan optree by die Gesinsfees 2015

Jakkie Louw is een van die kunstenaars wat by die Gesinsfees sal optree. Foto: Argief.

’n Gesinsfees, die eerste in sy soort, vind die naweek van 16 Mei by SuperSport Park-krieketstadion in Centurion plaas.

Deesdae word al meer druk op gesinne geplaas, tydgewys en finansieel. Die Gesinsfees bied ’n gulde geleentheid om lekker te ontspan en pret te hê saam met dié vir wie jy lief is. Die fees is boonop ten bate van die Kankervereniging (Kansa).

’n Verskeidenheid eet- en drinkgoed sal beskikbaar wees en feesgangers kan uitsien na optredes van onder andere Jakkie Louw, Thys die Bosveldklong, Marulaboom, Nedine Blom, Pieter Smith, Ronell Erasmus, Karen Ferreira, Blackie Swart, Jak de Priester, Ricus Nel, Jennifer Zamudio, Mathys Roets, Karlien Husselman, Thabo Hlongwane en Anton Myburgh. Daar sal ook geleentheid vir opkomende sangers wees om op te tree.

Daar sal aktiwiteite en uitstallings wees wat die hele gesin vermaak, soos boeresport, toutrekkompetisies, kunsuitstallings, ’n uitstalling van veteraanvoertuie en selfs ’n groen-uitstalling.

Toegang is R50 vir volwassenes en gratis vir kinders en leerders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.