Realiseer jou drome met dié oorbruggingsjaarprogram

My Best Gap Year (foto verskaf)

Ouers wil net die beste hê vir hul kinders, en ons wil verhoed dat ons kinders dieselfde foute maak as wat ons gemaak het, maar ongelukkig weet jongmense nie altyd wat presies hulle uit die lewe wil hê nie. Jy kan vir jouself baie geld spaar en jou kind se selfbeeld en eiewaarde beskerm om hom of haar die geleentheid te bied om eers ʼn produktiewe oorbruggingsjaar (“gap year”) te laat doen.

Die My Best Gap Year-program is enig in sy soort en ons is passievol daaroor om ons studente die vaardighede te leer dat hulle verantwoordelikheid neem om hul drome te realiseer.

Na aanleiding van die nuwe millenniumvereiste-vaardighede en navorsing deur die W.E.F. (World Economic Forum), is die My Best Gap Year Coaching Programme gestruktureer om jong volwassenes voor te berei vir die vierde Industriële Revolusie. Ons inkorporeer die nuutste navorsingsbevindinge in ons program vir 2019.

Die My Best Gap Year Coaching Programme is spesifiek daarop gefokus is om selfkennis, indiensnemingsvaardighede en entrepreneurskap te bevorder by jong volwassenes.

Volgens die vierde Industriële Revolusie is daar spesifieke vaardighede soos byvoorbeeld kritiese denke, kreatiwiteit en empatie wat van kardinale belang is.

My Best Gap Year (foto verskaf)

Daar is ʼn ongelooflike behoefte dat jongmense lewensvaardighede, wat hulle nie noodwendig op skool of universiteit leer nie, aanleer en inoefen. Hierdie tipe vaardighede is wat hulle gaan onderskei van ander jongmense: dit is om met selfvertroue by ʼn onderhoud op te daag of om ʼn aksieplan na te volg sodat sy of haar eie unieke doelwitte en lewensdrome bereik kan word. Klein stappies sukses kondisioneer die student vir sukses, en om foute te maak is nodig sodat leer kan plaasvind. Die My Best Gap Year Coaching Programme bied geleentheid vir jongmense om net op hulself te fokus, om ingeligte beroepskeuses te maak, hul CV te bou en onderhoudvaardighede aan te leer en in te oefen.

“‘How you do anything is how you do everything’ is maar een van die belangrike aspekte wat ons by studente wil tuisbring,” sê Reneé van Wyk, stigter van die My Best Gap Year-program. “Ons leer hulle hoe uiters belangrik dit is om doelwitte na te streef, aksieplanne te hê, met selfvertroue voor mense te praat en hulself te verpak met ʼn persoonlike handelsmerk (“personal branding”) wanneer hulle vir onderhoude gaan. Selfs die kleiner maar belangrike aspekte, van hoe om ʼn skinkbord te dek vir gaste tot om respek te toon vir verskillende sienswyses, word aangeroer.”

Persone wat dié program bywoon is tussen 18 en 29 jaar oud. Waar sommige studente in die begin van die jaar geen idee het wat hul toekomsplanne behels nie, sal meeste reeds drie maande na aanvang van die My Best Gap Year-program besluit wat hulle met hul toekoms wil doen. Studente wat reeds ʼn goeie idee het wat hulle wil studeer, vind bevestiging. Studente verlaat die program met ʼn persoonlike strategie.

My Best Gap Year (foto verskaf)

Intensiewe navorsing toon dat dit van kardinale belang is dat jongmense oor indiensnemingsvaardighede, loopbaanvindingrykheid en entrepreneursdenke beskik om suksesvol te kan funksioneer in hierdie tyd en era waarin ons leef – waar verandering die enigste konstante is.

Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) is wêreldwye werkloosheid steeds drasties aan die toeneem. Dit is een van die redes waarom mense onder die ouderdom van 25 drie keer meer geneig is om sonder werk te sit. Die wêreldekonomie moet oor die volgende vier jaar meer as 280 miljoen nuwe poste te skep om werk te verskaf vir nuwe toevoegings tot die Arbeidsmark, volgens die IAO.

Daar is baie redes waarom Reneé van Wyk en haar assosiate so opgewonde raak oor hierdie program. Een van die aspekte wat hierdie program uniek maak, is dat daar in 2017 altesaam 25 klein ondernemings uit die gemeenskap betrokke geraak het by hierdie program en insette kom lewer het. Die program het ook die aandag getrek van onder andere Wouter Snyman, outeur van die nommer 1 Amazon- beste verkoper “The Ordinary Millionaire” en uitvoerende hoof van attooh!; Herman Kriel van FiveFriday; internasionaal bekende dr. Kobus Neethling van die Kobus Neethling Group en SolutionsFinding; Mias van Vuuren van Soapbox; Deon Roux van Dry Ice International en die direkteure van Wellness SA.

My Best Gap Year (foto verskaf)

In ʼn veranderende wêreld is dit uiters noodsaaklik dat die volgende generasie eienskappe en vaardighede aanleer wat hulle sal laat uitstaan bo ander wat ook in die arbeidsmark meeding. Forbes dui aan dat jongmense moet glo in hulle eie vermoë om hul toekoms te skep en te dryf. Hulle moet oor die vermoë beskik om berekende risiko’s te neem en laastens moet hulle oor vaardighede beskik soos selfvertroue, deursettingsvermoë (mental and emotional resilience) en moet hulle gemotiveerd wees om innoverend op te tree in die gesig van uitdagings. Die My Best Gap Year Coaching programme fokus veral op deursettingsvermoë, hoe om fokus te behou, lang- en korttermyndoelwitstelling en aksieplanne. Dit is vir ons belangrik dat studente aan die einde van die program ʼn daadwerklike plan het wanneer hulle die wêreld van werk/studies betree.

Studente kry die geleentheid om vir hul studie- en lewenskostes te begroot en dit in Excel neer te pen. Hulle kry ʼn Internasionale Toastmasters-sertifikaat vir openbare toesprake, leierskap en redenering, en hulle ontdek hul sterk punte. Ons kyk na studiemetodes en vlugleestegnieke, maar sekerlik die heel belangrikste is dat ons hulle help om ingeligte beroepskeuses te maak. Ons het ook baie pret! Saam met die ongelooflike vaardighede fokus ons op spanbou, doeltreffende interpersoonlike vaardighede, ons gaan stap saam met babarenosters en ons sluit af met ʼn gala-aand.

Entrepreneurskap is een van die belangrikste aspekte in die nuwe millennium en daarom nooi ons graag suksesvolle sakemanne om met ons studente tyd te kom spandeer. Elke mens se emosionele verhouding met geld kan ʼn direkte invloed op hul aksies hê en daarom is finansiële gesondheid en welstand ʼn baie belangrike aspek wat ons deurgaans aanroer.

Navorsing toon dat studente wat ʼn oorbruggingsjaar gedoen het, beter presteer in die werk- en studieomgewing. Ervaringsleer en die feit dat die studente hope pret het, help hulle om die onbekende toekoms met meer selfvertroue aan te pak. “Ek sien die toekoms nou as ʼn avontuursreis en nie meer as ʼn vreesaanjaende doel wat bereik moet word nie,” sê Karlien van den Berg, ʼn voormalige student.

Ons het hierdie jaar begin met DBT (“Dialectic Behaviour Therapy”)-gebaseerde vaardighede wat studente help om angs, depressie, substansafhanklikheid en selfmoordgedagtes te hanteer, nie net vir hulself nie, maar ook vir die jongmense met wie hulle hul omring.

Ons het ongelooflike passie vir wat ons doen. Ons wil ʼn verskil maak in elke jongmens se lewe en ons loop die pad saam met hulle om seker te maak hulle groei en ontwikkel om die BESTE JY te word, wat hulle kan word.

Vir meer inligting rondom die 2019 My Best Gap Year-program kontak gerus:
Reneé van Wyk
Sel: 072 019 5003
Tel.: 012 993 2491
E-pos: [email protected]
Webwerf
Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.