Regstreekse uitsending: Covid-19, angs en jou gemoed – Kenner gee raad

 covid_angs_gemoed.jpgVolgens kenners is onsekerheid en ʼn gebrek aan beheer een van die moeilikste dinge vir ʼn mens om te hanteer. Die huidige Covid-19-krisis het tot gevolg dat miljoene mense sonder veel waarskuwing gedompel is in ʼn situasie waar hulle onseker is van hul werk en inkomste, waar hul normale roetine en stabiliteit omver gewerp is as gevolg van inperking, en waar daar bitter min inligting beskikbaar is waarmee sinvolle beplanning gedoen kan word.

Bejaardes en ander wat alleen woon, is skielik eensaam; ouers moet tuis werk maar ook onderwysers wees en omsien na hul kinders se emosionele welstand, en die gemis aan vriendekringe en kerkgemeenskappe is traumaties en intens. Talle mense kan nie geliefdes se spesiale geleenthede soos troues, verjaardae en gradeplegtighede bywoon nie; begrafnisse gaan verby sonder die geleentheid om behoorlik afskeid te neem; en skoliere leef saam met die realiteit dat baie “eerstes” en “laastes” van hul skoolloopbaan nooit gaan gebeur nie.

Mense se toekoms is onseker, en daar is veel meer vrae as antwoorde. Dis bykans onmoontlik om nie moedeloos, kwaad, angstig of depressief te voel nie.

In dié tyd is daar ʼn onus op elke persoon om om te sien na sy eie emosionele welstand, maar ook om om te sien na dié van sy of haar gesinslede, kollegas en vriende. Veral oor kinders, wat dinge anders interpreteer as volwassenes, se gemoed moet daar ʼn wakende oog gehou word.

Hoe hanteer ons dié onsekerheid en trauma? Hoe sien ons om na ons eie gemoedstoestand, en hoe help ons die mense om ons – familielede, vriende en kollegas – om emosioneel gesond te bly?

Maroela Media se uitvoerende hoof, Susan Lombaard, gaan met dr. Jerrie Bezuidenhout, die direkteur van mediese dienste by Vista Kliniek, gesels oor die groot emosionele krisis wat soveel mense in die gesig staar.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek Vrydag, 15 Mei 2020 om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees. Nooi gerus familie en vriende wat jy dink saam moet kyk.

Covid-19, angs en jou gemoed – Kenner gee raad

Regstreekse uitsending: Hoe hanteer ons dié onsekerheid en trauma? Hoe sien ons om na ons eie gemoedstoestand, en hoe help ons die mense om ons – familielede, vriende en kollegas – om emosioneel gesond te bly? Maroela Media se uitvoerende hoof, Susan Lombaard, gesels met dr. Jerrie Bezuidenhout, die direkteur van mediese dienste by Vista Kliniek, oor die groot emosionele krisis wat soveel mense in die gesig staar.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Friday, May 15, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hanna ·

Solidariteit, kan my stem opgaan vir die stigting van fonds/platform waar ons dan deurgaans bydra tot n hulpfonds vir blankes. Kry alles so in plek vir toekomstige hulpverlening ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.